Martín García
Martín García Inheemse naam: Isla Martín García | |
---|---|
Diagram van die Martín García- en die Timoteo Domínguez-eilande. | |
Geografie
| |
Ligging | Argentinië, Río de la Plata, Atlantiese Oseaan |
Koördinate | 34°11′19″S 58°15′00″W / 34.18861°S 58.25000°W
|
Oppervlakte | 1 84 vk km
27 m |
Administrasie | |
Argentinië | |
Provinsie | Buenos Aires
|
Demografie | |
Bevolking | 218
|
Martín García (Spaans: Isla Martín García) is 'n eiland in die Río de la Plata, voor die kus van Uruguay, wat onder die soewereiniteit van Argentinië val. Dié enklawe lê binne die territoriale waters van Uruguay. In 1973 het beide lande ooreengekom dat die eiland Argentyns sal bly. Dit is tans 'n beskermde natuurreservaat.
In 1516 het die Spaanse seevaarder Juan Díaz de Solís op die eiland afgekom. Hy vernoem dit na Martín García, sy tweede stuurman wat aan boord oorlede is. Hy het hom op die eiland begrawe. As gevolg hiervan was Díaz die eerste Europeër wat voet op Argentynse bodem gesit het.
Die eiland het 'n oppervlakte van 1,84 km² en 'n permanente bevolking van 150 persone (50 families). Dit val onder beheer van die Argentynse provinsie Buenos Aires.
In die verlede het die eiland as gevangenis vir verskeie politici gedien, waaronder die Argentynse presidente Hipólito Yrigoyen, Juan Perón en Arturo Frondizi.