Mhlatuzerivier
Mhlatuzerivier | |
---|---|
Stroomgebied | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Oorsprong | tussen Babanango en Nkandla |
Monding | Richardsbaai, KwaZulu-Natal in die Indiese Oseaan |
Lengte | 100 km |
Oorsprong-hoogte | 1 519 m |
Monding-hoogte | 0 m |
Stroomgebiedopp. | 4 209 km² |
Koördinate: 28°48′18″S 32°02′59″O / 28.80500°S 32.04972°O |
Die Mhlatuzerivier (of Umhlatuzirivier) is 'n rivier wat in die ooste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika vloei.
Die rivier ontspring tussen Babanango en Nkandla op 'n hoogte van ongeveer 1 500 m bo seespieël. Dit het 'n opvanggebied van meer as 3 000 km² en vloei suidooswaarts deur die gebiede Mtonjaneni, Eshowe en Mtunzini en mond uit in die strandmeer by Richardsbaai. Net noord van Eshowe en suid van Melmoth is die Goedertrouwdam. Die Imfulerivier is die bekendste sytak.
By Felixton is daar 'n unieke en indrukwekkende spoorbrug oor die Mhlatuze. Dit bestaan uit sewe halfmaanvormige betonboë van 40 m elk. Op die oewers van die rivier word met suikerriet geboer.
Mhlatuze beteken “die geweldige”. Die Portugese het die rivier die Rio das Pescarias, “die rivier van die vissermanne”, genoem.