Moldawiërs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Moldowiërs)
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Moldawies.
Moldawiërs

Totale bevolking: ca. 3,4 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Moldowa Moldowa 2,7 miljoen[1]

Vlag van Oekraïne Oekraïne 258 619[2]
Vlag van Rusland Rusland 156 400[3]
Vlag van Italië Italië 142 583[4]
Vlag van Spanje Spanje 17 426[5]
Vlag van Roemenië Roemenië 15 000[6]
Vlag van Kasakstan Kasakstan 14 245[7]
Vlag van Portugal Portugal 13 586[8]
Vlag van Griekeland Griekeland 9 920[9]
Vlag van Kanada Kanada 8 050[10]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 7 859[11]
Vlag van Wit-Rusland Wit-Rusland 3 465[12]
Vlag van Letland Letland 2 284[13]
Vlag van Bulgarye Bulgarye 893[14]
Vlag van Litaue Litaue 540[15]
Vlag van Kirgisië Kirgisië 505[16]
Vlag van Estland Estland 502[17]
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 157[18]

Taal: Moldawies/Roemeens
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Roemeens-Ortodokse Kerk of Russies-Ortodokse Kerk)
Verwante etniese groepe: Ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese, Roemene en Spanjaarde
Verspreiding van Moldawiërs in Moldowa (selfaangemelde in blou/pers)

Die Moldawiërs of Moldowiërs (Moldawies/Roemeens: moldoveni [moldoˈvenʲ]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Moldowa en aangrensende lande, wat Moldawies of Roemeens, 'n Romaanse taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Moldowa en maak volgens die laaste sensus van 2014 omtrent 56,8% van dié land se bevolking uit.

Wêreldwyd leef omtrent 3,4 miljoen Moldawiërs, waarvan sowat 2,7 miljoen in Moldowa. Daarbenewens vorm Moldawiërs belangrike minderhede in Oekraïne met 258 619[2] en in Rusland met 258 619.[3] Naas Moldawiërs vorm Roemene die grootste etniese minderheid in Moldowa met 675 881 (23,2%), gevolg deur Oekraïners met 221 409 (7,6%), Russe met 159 065 (5,4%), Gagausiërs in Gagausië met 147 500 (3,9%) en Bulgare met 47 778 (1,7%).

Die term Moldawiërs verwys soms na die hele bevolking van Moldowa of – ongeag van hul etniese identiteit – na dié van die gebied van die voormalige Prinsdom van Moldawië wat tussen Roemenië (47,5%), Moldowa (30,5%) en Oekraïne (22%) opgedeel is.

Moldawiërs word soms as 'n subgroep van die Roemene en soms as 'n eie etniese groep langs ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese en Spanjaarde beskou. Hierdie definise hang af van die klassifikasie van hul moedertaal as 'n Roemeense dialek of as 'n selfstandige taal.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (ro) 2004 census results
  2. 2,0 2,1 (en) "The distribution of the population by nationality and mother tongue". All-Ukrainian population census. State Statistics Committee of Ukraine. 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2008. Verkry op 15 Februarie 2012. 
  3. 3,0 3,1 (en) "4.1. National composition of population". 2010 All-Russia Population Census. Basic Results. Russian Federal State Statistics Service. 2010. Verkry op 10 April 2016. 
  4. (it) Istituto nazionale di statistica
  5. (es) "Censos de Población y Viviendas 2011. Resultados Nacionales, por Comunidades Autónomas y Provincias". Verkry op 10 April 2016. 
  6. (ro) "15.000 de cetateni moldoveni traiesc in Romania". Ziarul Financiar. 7 April 2009. Verkry op 10 April 2016. 
  7. Ethnic composition, religion and language skills in the Republic of Kazakhstan
  8. (pt) "Relatório de Imigração, Fronteiras e Asilo – 2011" (PDF). Junie 2012. Verkry op 10 April 2016. 
  9. (en) "Error" (PDF). Verkry op 13 November 2014. 
  10. (en) Statistics Canada. "2011 National Household Survey: Data tables". Verkry op 11 Februarie 2014. 
  11. (en) 2000 Census
  12. (ru) Belarus Census 2011
  13. PMLP – Iedzīvotāju reģistrs
  14. (en) "2011 POPULATION CENSUS – MAIN RESULTS" (PDF). National Statistical Institute. Verkry op 10 April 2016. 
  15. (lt) Lithuanian Census 2011
  16. (ru) 5.01.00.03 Национальный состав населения
  17. (en) "Estonian Census 2011". Verkry op 10 April 2016. 
  18. (ru) "ҲАЙАТИ МИЛЛӢ, ДОНИСТАНИ ЗАБОНҲО ВА ШАҲРВАНДИИ АҲОЛИИ ҶУМҲУРИИ ТОҶИКИСТОН ҶИЛДИ III" (PDF). Verkry op 10 April 2016. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]