Gagaoesiërs
Voorkoms
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Gagaoesies.
Gagaoesiërs | |
---|---|
Jong en ou Gagaoesiërs | |
Totale bevolking: | ca. 240 000 |
Belangrike bevolkings in: | Moldowa
Oekraïne 31 900[1] |
Taal: | Gagaoesies, Russies, Moldawies/Roemeens |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Die Gagaoesiërs (Gagaoesies: Gagauzlar) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die outonome gebied Gagaoesië in Moldowa.[7] Hulle praat Gagaoesies, 'n Turkse taal, as moedertaal en Russies of Moldawies/Roemeens as tweede taal.
Die meeste Gagaoesiërs leef in Gagaoesië (Moldowa), gevolg deur Oekraïne, Turkye en Rusland. In Oekraïne leef Gagaoesiërs veral in die oblaste Odessa en Saporisja en in Rusland in die outonome republiek Kabardino-Balkarië.
In teenstelling met die ander Turkse volke wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Gagaoesiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Ukrainian Census 2001 Geargiveer 23 Maart 2008 op Wayback Machine
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2007. Besoek op 8 April 2016.
- ↑ "2002 Russian census" (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2018. Besoek op 8 April 2016.
- ↑ "Gagauzi Turk" (in Engels). Joshua Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 8 April 2016.
- ↑ "Етнически малцинствени общности" (in Bulgaars). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2019. Besoek op 8 April 2016.
- ↑ "Romanian Census 2002". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2009. Besoek op 8 April 2016.
- ↑ (en) Menz, Astrid (2006). "The Gagauz". In Kuban, Doğan (red.). The Turkic speaking peoples. Prestel. ISBN 978-3-7913-3515-5.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gagaoesiërs.