Mont-aux-Sources
Mont-aux-Sources | |
---|---|
Ligging | KwaZulu-Natal, Vrystaat, Suid-Afrika / Lesotho |
Hoogte | 3 299 meter bo seevlak |
Koördinate | 28°45′S 28°53′O / 28.750°S 28.883°O |
Mont-aux-Sources is een van die hoogste pieke van die Drakensberge in Suider-Afrika en geleë in ’n gebied waar KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Lesotho bymekaar kom. Mont-aux-Sources is 3 299 m hoog.
Die naam is van Franse oorsprong en beteken “berg van fonteine”. Die area is so genoem deur twee Franse sendelinge wat die berg as die oorsprong van riviere beskou het. Drie belangrike riviere, naamlik die Oranje, Vaal- en Tugelariviere het hul oorsprong in die area.
Die Oranjerivier ontspring net suid-oos van Mont-aux-Sources in Lesotho en staan bekend as die Senqurivier daar terwyl die Tugela se oorsprong oos van Mont-aux-Sources is. Een van die Vaalrivier se grootste sytakke, die Wilgerivier, ontstaan net noord-wes van Mont-aux-Sources. Die Tugelawaterval (948 m hoog en die tweede hoogste in die wêreld) is ook naby Mont-aux-Sources.[1]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995. p. 117 ISBN 1-86842-026-4