Murraysburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Murraysburg
NG kerk Murraysburg
NG kerk Murraysburg
Ligging van Murraysburg op 'n kaart (Wes-Kaap)
Murraysburg
Murraysburg
 Murraysburg se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 31°57′S 23°46′O / 31.950°S 23.767°O / -31.950; 23.767Koördinate: 31°57′S 23°46′O / 31.950°S 23.767°O / -31.950; 23.767
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Sentraal Karoo
Munisipaliteit Beaufort West
Oppervlak[1]
 - Dorp 69,3 km²  (26,8 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 5 069
 - Digtheid 73/km² (189,1/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Swart 18.4%
 • Kleurling 80.7%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Blank 0.5%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 87.6%
 • Xhosa 9.8%
 • Engels 1.0%
 • Ander 1.6%
Skakelkode(s) 049

Murraysburg is 'n dorp in die oostelike Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is 60 km wes van Graaff-Reinet. Die R63 hoofpad gaan deur die dorp.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Murraysburg het as 'n NG-Kerkgemeente ontstaan in 1855, op die plaas Eenzaamheid van 7 000 ha wat van J Burger gekoop is. Die grond is onderverdeel en erwe is op 'n openbare veiling verkoop. Dit het £10 000 opgelewer wat gebruik is om die pastorie en kerk te bou. Die dorp is genoem na ds. ds. Andrew Murray sr. en Barend J. Burger[2].

Distrik[wysig | wysig bron]

Die distrik is bekend vir sy produksie van wol en sybokhaar. Soekor het in Junie 1966 begin om olie op land hier te soek. Boorwerk het op die plaas Kareebosch sowat 40 km vanaf Murraysburg begin. Dit was egter vrugteloos.

Noemenswaardige boorlinge[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Murraysburg en Rooivlakte Sensus 2011.
  2. Dictionary of Southern African Place names. URL besoek op 26 Julie 2013.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]