Natriumbikarbonaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Natriumbikarbonaat
Atoomstruktuur van Natriumbikarbonaat
Algemeen
Sistematiese naam
Chemiese formule NaHCO3
Molêre massa 84.01 g/mol
Voorkoms wit, kristallyn
CAS nommer
Eienskappe
Digtheid en toestand 2.16 g/cm3
Smeltpunt 300°C (573.15 K)
Oplosbaarheid 100

Natriumbikarbonaat (Natriumwaterstofkarbonaat, koeksoda) is 'n wit kristallyne stof wat dikwels as rysmiddel en bestanddeel in bakpoeier gebruik word. As toevoeging tot kossoorte het dit die E-nommer E 500. Dit word ook gebruik as ligte skoonmaak- of skuurmiddel vir huishoudelike gebruik, en as bestanddeel van maagtablette teen sooibrand. Wanneer dit met 'n sterk of swak suur gemeng word, ontbind dit en stel koolstofdioksied gas vry.

Vroeër was Natriumbikarbonaat gebruik om die borrels in sodawater te maak, en dit word steeds as bestanddeel in baie Asiatiese geregte gebruik.

Natriumbikarbonaat word in die menslike liggaam in groot hoeveelhede deur die pankreas vervaardig om maagsuur in die dunderm te neutraliseer met die volgende reaksie:

NaHCO3 + HClNaCl + H2O + CO2

Met 'n basis reageer dit soos volg:

NaHCO3 + NaOHNa2CO3 + H2O