Omnia (musiekgroep)
Omnia | |
---|---|
Omnia, Dortmund 2014 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Utrecht, Nederland |
Genres | Pagan Folk Keltiese musiek Wêreldmusiek |
Jare aktief | 1996 - hede |
Etikette | Pagan Scum Records |
Webwerf | http://www.worldofomnia.com |
Lede | Steve "Sic" Evans Jennifer "Jenny" van der Harten Daphyd Sens Rob van Barschot |
Gewese lede | Michel "Mich" Rozek Joseph "Joe" Hennon Louis "Luka" Aubri-Krieger Tom Spaan Maral Haggimoni Philip Steenbergen |
Omnia is 'n Nederlandse Pagan Folk-musiekgroep wat deur die sanger en liedjieskrywer Steve "Sic" Evans-van der Harten (* 24 Julie 1967 in Nijmegen) en sy vrou Jennifer "Jenny" Evans-van der Harten (* 1980 in Mijdrecht) in Utrecht gestig is. Huidige en gewese lede van die groep was naas Nederland uit Ierland, Cornwall, België en Iran afkomstig en het hul stempel op Omnia se musiek afgedruk. Die groep se naam is die afkorting vir die Latynse uitroep Omnia chaos est - "Alles is chaos", een van die groep se leuses.
Omnia se musiekstyl toon invloede van paganistiese, Keltiese en wêreldmusiek en vind sy inspirasies in die natuur, die lewende planeet en persoonlike vryheid. Lirieke word in Engels, Iers, Bretons, Fins, Duits, Latyn en Hindi voorgedra en met deels selfgemaakte akoestiese instrumente soos Keltiese harp, mondharp, hurdy gurdy (pierment), Ierse bodhrán-trom, kitaar, boesoeki, didgeridoo asook 'n verskeidenheid fluite en slagwerk getoonset.
Omnia tree by Middeleeuse, Keltiese, gothic-, wêreldmusiek- en fantasyfeeste in Europa, maar ook in Nederlandse en Duitse teaters op.
Albums
[wysig | wysig bron]- Sine Missione (2000)
- Sine Missione II (2002)
- OMNIA "3" (2003)
- Crone of War (2004)
- PaganFolk (2006)
- Alive! (2007)
- Wolf Love (2010)
- Earth Warrior (2014)
- Naked Harp (2015)
- Prayer (2016)
- Reflexions (2018)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Media