Partenogenese

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die aseksuele, geheel en al vroulike akkedisspesie Cnemidophorus neomexicanus (middel), wat deur partenogenese voortplant, saam met twee seksuele spesies wat ook mannetjies het, C. inornatus (links) en C. tigris.

Partenogenese (van die Griekse woorde παρθένος parthenos, "maagd", en γένεσις genesis, "skepping") is ’n natuurlike vorm van aseksuele voortplanting waar die embrio groei en ontwikkel sonder dat bevrugting plaasgevind het. Dit woord ook maagdelike voortplanting genoem.

By diere beteken partenogenese die ontwikkeling van ’n embrio uit ’n onbevrugte eiersel. By plante word dit apomiksie genoem.

Partenogenese kom natuurlik voor by baie plante, sommige ongewerwelde dierspesies (insluitende rondewurms, watervlooie, sommige skerpioene, plantluise, sommige myte, sommige bye en sommige perdebye) en ’n paar gewerweldes (soos sommige vise,[1] amfibieë, reptiele[2][3] en enkele voëls.[4])

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Female Sharks Can Reproduce Alone, Researchers Find", Washington Post, 23 Mei 2007; bl. A02
  2. Halliday, Tim R. (1986). In Kraig Adler: Reptiles & Amphibians. Torstar Books. p. 101. ISBN 0-920269-81-8. 
  3. Walker, Brian, "Scientists discover unknown lizard species at lunch buffet", 2010-11-11. URL besoek op 2010-11-11.
  4. Savage, Thomas F. (September 12, 2005). “A Guide to the Recognition of Parthenogenesis in Incubated Turkey Eggs”. Oregon State University. URL besoek op 2006-10-11.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]