Philip Glass

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Philip Glass
Philip Glass 018.jpg
Philip Glass in 1993
Geboorte 31 Januarie 1937 (1937-01-31) (77 jaar oud)
Baltimore, Maryland, Verenigde State
Beroep(e) Komponis
Genre(s) Minimal music
Klassieke musiek
Ambient music
Aktiewe jare 1956 -
Uitgewer(s) Virgin Records
CBS Records
Nonesuch/Elektra Records
Sony Classical/SME Music
Orange Mountain Music
Webwerf Amptelike webwerf
Portal.svg Musiekportaal

Philip Glass is 'n Amerikaanse musikant en komponis. Sy musikale werk word as een van die invloedrykstes van die laat 20ste eeu beskou. Saam met Steve Reich, Terry Riley en La Monte Young het Glass kunsmusiek soos Minimal music aan 'n breë publiek bekend gestel.

Al word na Philip Glass se komposisies dikwels as Minimal music verwys, het hy hom ten opsigte van sy latere werk van hierdie kategorisering gedistansieer en homself as 'n komponis beskryf wat "musiek met herhalende strukture" skep. Sy vroeë werk deel baie kenmerke met stukke wat gewoonlik as "minimalisties" geklassifiseer word, maar sy musiekstyl het mettertyd verder ontwikkel. So beskou Glass homself tans as 'n "klassisis" en verwys na die feit dat sy musikale opleiding onder meer harmonie en kontrapunt ingesluit het en dat hy saam met Nadia Boulanger die musiek van komponiste soos Franz Schubert, Johann Sebastian Bach en Wolfgang Amadeus Mozart bestudeer het.

Philip Glass is 'n vrugbare komponis: hy het werke vir sy eie musiekensemble, die Philip Glass Ensemble (waar hy steeds klawerbord speel), asook operas, musikale toneelstukke, tien simfonieë, tien concerto's, solostukke, kamermusiek (waaronder strykkwartette en instrumentele sonatas) en filmmusiek geskryf. Drie van sy filmklankbane is vir Academy Awards genomineer.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Philip Glass (bladsy)