Piramides van Giza

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Piramides van Giza*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Pyramids of the Giza Necropolis.jpg
Die drie hoofpiramides van Giza,saam met kleiner piramides en die oorblyfsels van ander strukture
Ligging van Piramides van Giza op 'n kaart (Egipte)
Piramides van Giza
Piramides van Giza
Ligging van die Piramides van Giza in Egipte
Koördinate: 29°58′34″N 31°07′58″O / 29.97611°N 31.13278°O / 29.97611; 31.13278Koördinate: 29°58′34″N 31°07′58″O / 29.97611°N 31.13278°O / 29.97611; 31.13278
Lande Vlag van Egipte Egipte
Tipe Kultuur
Kriteria i, iii, vi
Verwysings 86
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1979  (3de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Onder die sambreelterm Piramides van Giza, oftewel die Nekropolis van Giza, word op die Giza-plato in Kaïro, Egipte, Groot Piramide van Giza, die Piramide van Chafra en die Piramide van Menkaoere, saam met kleiner piramides en die Groot Sfinks van Giza saamgevat. Al hierdie geboue is tydens die 4de Dinastie van die Ou Ryk van Antieke Egipte opgerig. Die plek sluit ook 'n aantal begraafplase en die oorblyfsels van 'n werkersdorpie in.

Die plek is aan die rand van die Westelike Woestyn, sowat 9 km wes van die Nylrivier in die stad Giza en sowat 13 km suidwes van Kaïro se stadsentrum.

Die Groot Piramide en die Piramide van Chafra is die grootste piramides wat in Antieke Egipte gebou is, en hulle het algemeenbekende voorbeelde van Antieke Egipte in die Westerse Wêreld geword. Hulle het veral tydens die Hellenistiese tydperk bekend geword, toe die Groot Piramide deur Antipater van Sidon as een van die Sewe wonders van die wêreld gelys is. Dit is verreweg die oudste van die Antieke wonders en die enigste wat nog bestaan. Die Piramides van Giza is in 1979 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Piramides van Giza.
  • (en) "Pyramids of Giza". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Maart 2021.