Pops Mohamed

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Pops Mohamed
Geboorte10 Desember 1949 (1949-12-10) (69 jaar oud)
Benoni, Suid-Afrika
Beroep(e)Musikant
Genre(s)Jazz, kwêla, pop, soul
Portal.svg Musiekportaal

Pops Mohamed is 'n gerespekteerde Suid-Afrikaanse multi-instrumentale jazz-musikant en vervaardiger.

Mohamed is op 10 Desember 1949 in Benoni, Gauteng gebore. Sy loopbaan in musiek was die logiese uitloop na sy vroeë blootstelling aan musikante soos Abdullah Ibrahim en Kippie Moeketsi by Dorkay House. Hy begin sy eerste orkes, The Valiants, op 14-jarige ouderdom. Mohamed staan onder sy bewonderaars bekend as die Minister of Music[1] en bespeel verskeie instrumente soos die kitaar, fluit, sleutelbord, ensovoorts. Hy is ook bekend vir sy verskeidenheid van musiekstyle soos die kwêla, pop, en soul[2]. Hy is ook die vervaardiger van Finding One's Self, die oorlede Moses Taiwa Molelekwa se bekroonde album.

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • Kalamazoo - 1991
  • Sophiatown Society - 1992 (saam met Morris Goldberg)
  • Ancestral Healing - 1995
  • How Far Have We Come - 1996
  • Music With No Name - 1996
  • Society Vibes - 1997 (saam met McCoy Mrubatha)
  • Timeless - 1997
  • Millennium Experience - 2000 (saam met Zena Edwards)
  • Pops Mohamed Meets the London Sound Collective - 2000
  • Africa Meltdown - 2001
  • Yesterday, Today And Tomorrow - 2002
  • Healing Sounds of Mother Africa (2007)

Sien ook[wysig | wysig bron]