Gaan na inhoud

Portaal:Sport/Voorbladbiografie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Onlangse foto van Button, by die 2024 Fuji 6-uur-uithouren.

Jenson Button OBE (gebore in Frome, Somerset, Engeland op 19 Januarie 1980) is 'n voormalige Formule Een-renjaer van Engeland. Hy het al vir die spanne Williams, Benetton, Renault, BAR, Honda, Brawn GP en McLaren gejaag. Sy laaste F1-wedren was die 2017 Monaco Grand Prix vir die McLaren-Honda-renspan.

Button het op die ouderdom van agt begin kartry en vroeë sukses behaal, voordat hy na motorrenne in die Britse Formule Ford-kampioenskap en die Britse Formule 3-kampioenskap gevorder het. Hy het vir die 2000-seisoen eers in F1 vir Williams gejaag. Die volgende jaar het hy oorgeskakel na Benetton, wat aan die begin van die 2002-seisoen die Renault-span geword het, en toe vir die 2003-seisoen verskuif hy na BAR. Hy het derde in die 2004 Wêreldjaerskampioenskap geëindig, voordat hy tot negende in die 2005-kampioenskap geval het. BAR is daarna herdoop en het die Honda-span geword vir die 2006-seisoen, waartydens Button sy eerste Grand Prix by die Hongaarse Grand Prix gewen het, ná 113 wedrenne.

...lees verder