Pylwurm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Chaetognata
’n Pylwurm.
Kladistiese klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Subkoninkryk: Eumetazoa
Klade: Bilateria
Klade: Nephrozoa
Filum: Chaetognatha

Die pylwurms (Chaetognatha) is 'n klein dierefilum van ongeveer 200 spesies wat in die see of in riviermondings voorkom. Ongeveer 20% van hulle is benties en het uitskeidings waarmee hulle aan 'n substraat vasgeplak is. Ander leef hoofsaaklik vry in die plankton. Hulle is 1 mm tot 12 cm lank, gewoonlik deursigtig en het 'n slank simmetriese liggaam met gepaarde syvinne en 'n stertvin.

Talle spesies kom in die waters naby die Suider-Afrika voor. By navorsing in die Benguela-opwelling naby Walvisbaai (Namibië) het Bohata en Koppelmann 17 spesies aangetref. Een spesie uit die familie Pterosagittidae, vier uit die Eukrohniidae en die res Sagittidae uit die genus Sagitta, soos S. tasmanica en S. serratodentata.[1]

Anatomie[wysig | wysig bron]

CheatoHeadYvan.jpg

Hulle mond het uitstekende hake wat die basis van die naam Chaetognata is. Hulle jag op klein diertjies soos Copepoda of vislarwes en trek elke dag vertikaal deur die waterkolom. Chaetognata is hermafrodiete. Hulle het 'n sentrale senuweestelsel met 'n groot serebrale ganglion wat dorsaal van die farinks geleë is. Hulle het ook 'n paar samegestelde oë wat nogtans geen lense het nie.[2]

Taksonomie[wysig | wysig bron]

Die taksonomiese posisie van hierdie filum is onduidelik. Dit word meestal in of by die Protostomia geplaas. Hoewel hulle ook eienskappe met die deuterostomia deel, soos die ontwikkeling van die embrio, dui die mitochondria se genoom daarop dat hulle protostomia is.[3] Dit beteken dalk dat die vroeë ontwikkeling van die Bilateria nog steeds nie goed verstaan word nie.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Pylwurms het net sagte liggaamsdele en hulle fossiliseer selde. 'n Fossiel uit die Burgess-skalie, wat bekend is vir sy skouspelagtige fossiele van organismes met sagte liggame, het nogtans in 1911 'n fossiel opgelewer Oesia disjuncta, wat in 2005 as 'n pylwurm-spesie herken is. Die Burgess-skalie is van die Midde-Kambrium, wat aandui dat die pylwurms taamlik oud is. Oesia lyk die meeste soos huidige diepsee-spesies as Archeterokrohnia en Heterokrohnia wat deur navorsers dikwels as die primitiewer spesies pylwurms beskou word.[4] In 2017 is Capinator preatermissus van die Kambriese Burgess-skalie gemeld. Hierdie pylwurm was taamlik groot, amper 10 cm met vinne en het 'n indrukwekkende stel van 25 hake besit. Hierdie hake is eers met Conodonta verwar en is volop in hierdie skalie. [5]

Verwysings[wysig | wysig bron]