Rabarber

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rabarber
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(klade): Angiosperms
(klade): Eudicots
(klade): Core eudicots
Orde: Caryophyllales
Familie: Polygonaceae
Genus: Rheum
Spesie: R. rhabarbarum
Binomiale naam
Rheum rhabarbarum
L.

Rabarber (Rheum rhabarbarum) is 'n plant in die duisendknoopfamilie. Die plant word vanweë sy eetbare dele gekweek. Rabarber staan al meer as 5 000 jaar by die mens in die belangstelling, in die begin egter alleen as 'n geneesmiddel. Die Sjinese was die eerstes wat die gewas, vanuit die Asiatiese steppe, in kultuur gebring het. Uit die wortel is en word nog steeds 'n sterke purgeermiddel ontgin. Omstreeks 1600 ontdek John Gerard, hofbotanikus van die Engelse koning Charles I, dat die stele geëet kan word. Dit het egter tot ver in die agttiende eeu geduur voordat rabarber as groente 'n groter bekendheid gekry het.