Rathlin
Rathlin Inheemse naam: Rathlin Island (Engels), Reachlainn (Iers), Racherie (Ulster-Skots) | |
---|---|
'n Valskleurfoto van Rathlin wat as deel van NASA se Landsat-program geneem is, met die kus van die graafskap Antrim in die suide, en die suidpunt van die Skotse Kintyre-skiereiland in die ooste | |
Geografie | |
Ligging | Noordooskus van Ierland |
Koördinate | 55°17′32″N 6°11′30″W / 55.29222°N 6.19167°W
|
Hoogste punt | Slieveard |
Administrasie | |
Verenigde Koninkryk | |
Landsdeel | Noord-Ierland
|
Demografie | |
Bevolking | 154
|
Bevolkingsgroepe | Noord-Iere |
Rathlin (afgelei van Iers: Reachlainn) is 'n eiland en civil parish langs die kus van die Noord-Ierse graafskap Antrim, geleë in die Noordkanaal. Dit is die mees noordelike punt van Noord-Ierland en sy enigste bewoonde see-eiland met 'n bevolking van sowat 150.
Rathlin het vanweë sy geografiese ligging historiese en kulturele bande met Noord-Ierland en Skotland en het oorspronklik deel uitgemaak van die koninkryk Dál Riata.
Geografie
[wysig | wysig bron]Rathlin, 'n eiland van vulkaniese oorsprong, is die mees noordelike van die bewoonde eilande van Ierland. Dit het die vorm van 'n omgedraaide L en strek oor 'n afstand van vier myl (ses kilometer) in oos-westelike rigting, en 2,5 myl (vier kilometer) in noord-suidelike rigting langs die noordooskus van Ierland. Rathlin is net 15,5 myl (of 25 km) wes van die Mull of Kintyre af geleë, die suidpunt van Skotland se Kintyre-skiereiland. Die naaste landmassas in die suide is die graafskap Antrim, die Inishowen-skiereiland in die Ierse graafskap Donegal in die weste, en die eiland Islay (wat deel uitmaak van die Hebride-eilandgroep) in die noorde.
Die hoogste punt op Rathlin is Slieveard, 440 voet (of 134 meter) bo seevlak.
Administratief val die eiland onder die Causeway Coast and Glens-distriksraad. Die grootste deel van Rathlin is in privaat besit en word vir boerderydoeleindes gebruik. Die eiland beskik oor 'n moderne infrastruktuur met vervoer- en kommunikasiegeriewe sowel as toeristefasiliteite.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Webtuiste van die eilandgemeenskap
- Toerisme
- Media