Richard Trevithick
Voorkoms
Richard Trevithick | |
---|---|
Richard Trevithick in 1816 by John Linnell | |
Gebore | 13 April 1771 |
Sterf | 22 April 1833 (op 62) Dartford, Kent, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Uitvinder, mynbou-ingenieur |
Bekend vir | uitvinder van stoomlokomotiewe |
Richard Trevithick (13 April 1771 – 22 April 1833) was 'n Engelse ontdekker en ingenieur. Hy is veral bekend vir die bou van die eerste werkende stoomlokomotief. Die lokomotief was egter ontwerp om op 'n pad, en nie op 'n spoor te ry nie.
Trevithick is in die hart van 'n groot myngebied in Cornwall in die Verenigde Koninkryk gebore. Sy ouers was Richard Trevithick (1735–1797) en Ann Teague (d. 1810). In 1797 is hy met Jane Harvey getroud. Hy is in 1833 aan longontsteking oorlede.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Richard Trevithick.