Robert Bosch GmbH

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Robert Bosch GmbH
Simpleboschlogo.png
Tipe Privaatmaatskappy
Gestig 15 November 1886
Hoofkantoor Gerlingen, Baden-Württemberg,Duitsland
Sleutelpersone Volkmar Denner (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie Ingenieurswese, elektronika
Produkte Motoronderdele, elektriese gereedskap, sekuriteitstelsels, huishoudelike toestelle
Inkomste €52,3 miljard[1] (2012)
Werknemers 306 000[1] (2012)
Webwerf bosch.com
Kenteken by Bosch se Hoofkantoor

Robert Bosch GmbH is 'n gediversifiseerde tegnologiemaatskappy wat in 1886 deur Robert Bosch tot stand gebring is in Stuttgart, Duitsland.[2]

Robert Bosch GmbH is die wêreld se grootste verskaffer van voertuigonderdele en het besigheidsverhoudings met bykans alle motorvervaardigers ter wêreld. Bosch se hoofkantoor is in Gerlingen naby Stuttgart geleë. Franz Fehrenbach is op 1 Julie 2003 as voorsitter aangestel.

Die Bosch-groep bestaan uit meer as 275 filiaalmaatskappye.

Statistiek[wysig | wysig bron]

Die Bosch-groep wat bedrywig is op die gebied van motorvoertuig- en nywerheidstegnologie, verbruikersgoedere en boutegnologie het in die 2006-boekjaar verkope van 43.7 miljard aangeteken.[3]

Die maatskappy se hoofmededingers in die mark vir motorvoertuigonderdele is: Delphi Corporation, Visteon, DENSO Corporation en Continental AG.

In 2004 was Robert Bosch GmbH 17de op die lys van maatskappye waaraan die meeste patente toegeken is met 'n totaal van 907 patente. In 2003 was hulle in die 20ste plek met 758 patente en in 2002 was hulle 23ste met 683 patente.[4]

Verwysings en voetnotas[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (de) bosch.de: Über Bosch in Deutschland
  2. Robert Bosch GmbH Company Profile, Yahoo! Finance, http://biz.yahoo.com/ic/41/41437.html
  3. http://www.bosch.com/content/language2/html/2226.htm, Bosch, Bosch facts and figures
  4. http://www.prnewswire.co.uk/cgi/news/release?id=137568, PR Newswire, IFI CLAIMS(R) Compiles List of Year's Top Patent Winners, 2005-01-11