Robert Kubica

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Robert Kubica

Robert Kubica (* 7 Desember 1984 in Krakau) is 'n Poolse Formule Een (F1) renjaer. Op 8 Junie 2008 het hy sy eerste F1 Grand Prix op die Gilles Villeneuve-renbaan in Montréal, Kanada vir die BMW-Sauberspan gewen.

Op 6 Februarie 2011 is Kubica ernstig beseer in 'n ongeluk tydens die Ronde di Andoratydren, waarin sy regtervoorarm gedeeltelik afgesny is.[1] Hy het vir sy persoonlike genot aan die tydren deelgeneem.[2] Kubica het die Italiaanse koerant La Gazzetta dello Sport in 'n nagtelike onderhoud meegedeel dat hy die vingers aan sy regterhand kon voel, en vasbeslote was om 'n spoedige terugkeer na Formule Een te maak in 2011.[3][4] Sedert sy herstel, het hy gesê dat 'n terugkeer na Formule Een "byna onmoontlik" was, as gevolg van sy beserings.[1][5]

Ná Kubica se teruggekeer na wedrenne in September 2012, wen hy 'n klein tydren in Italië.[6][7] Kubica is benoem as een van die "Manne van die Jaar 2012" deur Top Gear tydskrif vir sy terugkeer na motorsport. In 2013 het hy vir Citroën gejaag in die Europese en Wêreld-tydrenkampioenskap-2.[8][9] Hy het met sy eerste poging die WRC-2-titel gewen, en het daarna voltyds verskuif na die WRC kampioenskap in 2014, waar hy 'n Ford Fiesta RS WRC bestuur wat voorberei is deur M-Sport.[10]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 "Robert Kubica to miss start of 2012 season", BBC Sport, BBC, 23 November 2011. URL besoek op 23 November 2011.
  2. "Kubica undergoes emergency surgery after rally crash in Italy", CNN, Turner Broadcasting System, 6 Februarie 2011. URL besoek op 11 Februarie 2011.
  3. "F1 ace Kubica 'much better' after rally crash in Italy", CNN, Turner Broadcasting System, 7 Februarie 2011. URL besoek op 11 Februarie 2011.
  4. "Formula 1 driver Kubica targets quick return", The Sydney Morning Herald, Fairfax Media, 11 Februarie 2011. URL besoek op 11 Februarie 2011.
  5. "F1 return 'nearly impossible' - Kubica", ESPN F1, 12 November 2013. URL besoek op 12 Julie 2014.
  6. Beer, Matt. “Robert Kubica wins domestic rally on return to competition”. Autosport. URL besoek op 12 Maart 2013.
  7. Kubica Victorious, But Physically Limited on Return”. Crash.net. URL besoek op 12 Maart 2013.
  8. Robert Kubica will star in rallying, according to Petter Solberg”. Autosport. URL besoek op 12 Maart 2013.
  9. Kosciuszko surprised at Kubica WRC decision”. WRC. URL besoek op 12 Maart 2013.
  10. Beer, Matt, "Robert Kubica commits to 2014 WRC with M-Sport", Autosport.com, Haymarket Publications, 13 Desember 2013. URL besoek op 13 Desember 2013.