Kimi Räikkönen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kimi Räikkönen
Kimi Räikkönen by die 2017 Russiese Grand Prix
Kimi Räikkönen by die 2017 Russiese Grand Prix
Geboortedatum 17 Oktober 1979 (1979-10-17) (39 jaar oud)
Geboorteplek Espoo, Finland
Volle naam Kimi-Matias Räikkönen
Nasionaliteit Vlag van Finland Finland
Aktiewe jare 2001–tans
Ou span(ne) Sauber, McLaren, Lotus
Span in 2018 Ferrari[1]
Motornommer 7
Inskrywings 294 (292 begin)
Kampioenskappe 1 (2007)
Oorwinnings 21
Podiums 103
Loopbaanpunte 1816
Voorste wegspronge 18
Vinnigste rondtes 46
Eerste wedren 2001 Australiese Grand Prix
Eerste wen 2003 Maleisiese Grand Prix
Laaste wen 2018 Verenigde State GP
Laaste inskrywing 2018 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste seisoen 2017
Verlede jaar plek 4de (205 punte)

Kimi-Matias Räikkönen (gebore 17 Oktober 1979 in Espoo), byname Iceman en Kimster, is 'n Finse Formule Een motorrenbestuurder wat vir Scuderia Ferrari jaag. Hy was die Formule Een-wêreldbestuurderskampioen in 2007, en het ook aan 22 wêreldtydrenne in 2009–2011 deelgeneem, maar met min sukses.

Tydrenloopbaan[wysig | wysig bron]

Räikkönen bestuur 'n Citroën C4 WRC in die 2010 Bulgaarse Tydren.

Räikkönen het sy tydrendebuut in die Arktiese Laplandtydren gemaak, wat van 23-24 Januarie 2009 plaasgevind het, deur 'n Tommi Mäkinen Racing-voorbereide Abarth Grande Punto S2000 te bestuur.[2] Hy het die 13de plek behaal. Räikkönen het sy WRC-debuut in die Finse tydren gemaak, van 30 Julie tot 2 Augustus 2009, slegs vier dae na sy tweede plek in die Hongaarse Grand Prix.[3] Hy was derde in groep N en 15de algeheel voordat hy in Väärinmaja, die laaste sneldeel van Saterdag, die pad byster geraak het.[4]

Op 4 Desember 2009 is aangekondig dat Räikkönen heeltemal van Formule 1 na die Wêreldtydrenkampioenskap sou skuif vir die 2010-seisoen, as 'n voltydse bestuurder vir die Citroën Juniorspan,[5] en dat hy 'n Red Bull-geborgde Citroën C4 WRC met sy medebestuurder, Kaj Lindström, sou beman.

Op 3 April 2010 het Räikkönen sy eerste WRC-punte behaal toe hy agtste in die Tydren van Jordanië geëindig het. Hy het gevolglik slegs die tweede bestuurder geword na Carlos Reutemann om kampioenskapspunte in beide Formule Een en die Wêreldtydrenkampioenskap aan te teken. [6]In die volgende WRC-tydren, die Tydren van Turkye, het Räikkönen sy beste uitslag verbeter met 'n vyfde plek, 6m 44.3s agter die wenner, Sebastien Loeb. Met dié uitslag het hy 'n hele paar gevestigde en meer ervare bestuurders in die veld geklop.

Räikkönen in die 2010 Finse Tydren.

Hy het sewende gekom in die Tydren van Duitsland, sy tweede teertydren, terwyl hy sy eerste loopbaansneldeel gewen het, die laaste trajek van die tydren. Op 18 September 2010 het Räikkönen sy eerste tydrenoorwinning behaal toe hy aan die Rallye Vosgien 2010 in Frankryk deelgeneem het. Hy het al ses sneldele van die teertydren gewen.[7] Räikkönen kon nie in die Rally Catalunya begin nie, want hy het in die openingsdeel gerol, die rolkas beskadig, en die span het nie genoeg tyd gehad om dit te herstel nie. Daarna het Räikkönen besluit om nie deel te neem aan die res van die tydren nie, selfs al kon hy onder die superreëls. Die rede hiervoor was om die motor te spaar.[8] Räikkönen het die seisoen van die 2011 Wêreldbyeenkoms in 2011 onder sy eie vaandel, ICE 1 Racing, gejaag. Hy het 'n Citroën DS3 WRC bestuur.[9] Hy het agtste geëindig in die openingsronde, die Sweedse Tydren. Hy het daarna Meksiko oorgeslaan en aan die Portugese Tydren (Rally Portugal) deelgeneem en sewende geëindig.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Official: Raikkonen seals Ferrari return". GPUpdate. GPUpdate. 11 September 2013. Besoek op 11 September 2013. 
  2. Raikkonen and Hakkinen to contest Arctic Lapland Rally”.
  3. Raikkonen to make rally debut, BBC News, 29 June 2009 21:52 GMT (Verkry 30 Junie 2009)
  4. "Raikkonen rolls out of rally". Autosport. Haymarket Publishing. 1 Augustus 2009. 
  5. Kimi Raikkonen signs with Citröen junior rally team AUSmotive.com, 4 Desember 2009
  6. Räikkönen teki suomalaista moottoriurheiluhistoriaa! (in Fins)”. MTV3. 3 April 2010. URL besoek op 3 April 2010.
  7. [1] Geargiveer 26 Augustus 2010 op Wayback Machine
  8. Raikkonen Crashes Out of Catalunya during Shakedown”. autoevolution. URL besoek op 23 Desember 2010.
  9. World Rally Championship – News – Huge entry for World Rally Championship opener”. Wrc.com. URL besoek op 29 Maart 2011.