Ronald Evans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ronald Evans
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Ronald Evans in 1971

Geboortenaam Ronald Ellwin Evans Jr.
Gebore (1933-11-10)10 November 1933
St. Francis, Kansas
Oorlede 7 April 1990 (op 56)
Scottsdale, Arizona
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Clarence Ellwin Evans
Marie A. Evans (née Priebe)
Beroep Ruimtevaarder
Ander poste, ampte Vlootvlieënier en ingenieur

Ronald Ellwin "Ron" Evans (* 10 November 1933 – † 7 April 1990; Kaptein, Amerikaanse Vloot) was 'n Amerikaanse vlootoffisier en vlieënier, elektriese ingenieur, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder. Hy is ook een van slegs 24 mense wat na die Maan gevlieg het.

Evans is in 1966 as Nasa-ruimtevaarder gekeur, as deel van Ruimtevaardergroep 5. Tydens sy enigste ruimtereis was hy die bevelvoerder van die beheermodule as deel van die Apollo 17-missie. Hy het in die beheermodule om die maan gewentel terwyl sy kollegas, Eugene Cernan en Harrison Schmitt, op die maan geland het. Hy het vir 148 uur alleen om die maan gewentel en die rekord staan nog.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]