Apollo 17

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Apollo 17-insignia.png
Apollo program.svg

Apollo 17 was die laaste bemande missie in die Apollo-program van die Verenigde State, die sesde missie wat op die maan geland het en die tiende suksesvolle missie.

Lansering het om 00:33 Oostelike Standaardtyd (EST) op 7 Desember 1972 geskied, die drie bemanningslede het bestaan uit bevelvoerder Eugene Cernan, beheereenheid-vlieënier Ronald Evans en maanmodule-vlieënier Harrison Schmitt. Dit was die laaste gebruik van Apollo-hardeware vir sy oorspronklike missie; na Apollo 17 is ekstra Apollo-onderdele in die Skylab en Apollo-Sojoes-toetsprojek gebruik.

Dit was die derde "J-missie" gewees – wat 'n drie-dae-maanverblyf en uitgebreide wetenskaplike vermoë moontlik gemaak het. Dit was ook die derde en laaste missie waartydens die maankarretjie gebruik is.

Terwyl Evans om die maan gewentel het in die beheer/diensmodule (CSM), het Cernan en Schmitt net meer as drie dae op die maanoppervlak vertoef in die Taurus-Littrowvallei. Hulle het drie sessies buite die landingstuig spandeer ("moonwalks"), waartydens hulle maanmonsters versamel en wetenskaplike instrumente ontplooi het. Cernan, Evans, en Schmitt het veilig na die aarde teruggekeer op 19 Desember, na 'n sending van ongeveer 12 dae.

Harrison Schmitt op die maan langs die vlag van die Verenigde State van Amerika, met die aarde in die agtergrond.
Gene Cernan ry op die maankarretjie.
Herwinning in die Stille Oseaan, 19 Desember 1972
Voorafgegaan deur:
Apollo 16
Apollo-program Gevolg deur:
einde