Rosario Flores

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Rosario Flores
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Rosario del Carmen González Flores
Geboorte 4 November 1963
Madrid, Spanje
Nasionaliteit Spaans
Beroep(e) Akteur, sangeres
Aktiewe jare 1992-teenswoordig

Rosario del Carmen González Flores[1] beter bekend as Rosario Flores (Spaans:roˈsaɾjo floɾes; gebore op 4 November 1963) is 'n Spaanse aktrise en sangeres wat reeds twee keer die "Latynse Grammy toekenning" gewen het.

Sy is in Madrid, Spanje gebore as die dogter van Antonio González ('El Pescaílla') en die bekende sangeres Lola Flores. Sy is die suster van die sangeres Lolita Flores en die sanger-liedjieskrywer Antonio Flores. Sy het 'n dogter saam met haar gewese minnaar Carlos Orellana. Haar tweede seun, Pedro Antonio, is op 21 Januarie 2006 gebore, dieselfde dag as sy ouma, Lola Flores. Flores en Pedro Lazaga, haar minnaar en die vader van haar tweede seun, het in 2001 ontmoet tydens die verfilming van Pedro Almodóvar se rolprent Hable con ella.

Platelys[wysig | wysig bron]

  • De Ley (1992)
  • Siento (1995)
  • Mucho Por Vivir (1996)
  • Jugar a la Locura (1999)
  • Muchas Flores (2001)
  • De Mil Colores (2004)
  • Contigo Me Voy (2006)
  • Parte de Mí (2008)
  • Cuéntame (2009; klankbaan vir die 11de seisoen van die Spaanse TV-reeks Cuéntame cómo pasó)
  • Raskatriski (2011)
  • Rosario (2013)
  • Gloria a ti (2016)

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]