Rupert Museum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Rupert Museum in Stellenbosch huisves 'n kunsversameling van 20ste eeuse Suid-Afrikaanse en buitelandse skilderye en beeldhouwerke.

Ligging[wysig | wysig bron]

Die museum is geleë in Stellentialaan, aan die heel westelike punt van Dorpstraat.

Pierneef[wysig | wysig bron]

Die 32 “stasiepanele” wat Pierneef tussen 1929 en 1932 vir die Johannesburgse stasie in opdrag van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens geskilder het, is hierheen oorgeplaas.

Ander kunstenaars[wysig | wysig bron]

Irma Stern word hier verteenwoordig deur 27 werke. Ook word klem gelê op werke van Cecil Higgs, Maggie Laubser, Jean Welz en Anton van Wouw. Verder is hier skilderye en beeldhouwerke van Käthe Kollwitz, Maurice van Essche, Frans Oerder, Wolf Kibel, Nel Erasmus, Erik Laubscher, Georgina Ormiston, Hugo Naudé, Walter Battiss, Bettie Cilliers-Barnard, Ezrom Legae, Sydney Kumalo, Cecil Skotnes, Alexis Preller, Adolph Jentsch, Nita Spilhaus, W. H. Coetzer, Stanley Pinker, Penny Siopsis, Willie Bester, Antoine Bourdelle, Ernest Mancoba, Carl Büchner, Strat Caldecott en Alexander en Marianne Podlashuc. F.D. Dunlop het twee teëlpanele gelewer wat Suid-Afrikaanse flora uitbeeld.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Hierdie versameling het in die 1940's begin as die privaat kolleksie van dr. Anton Rupert en sy vrou Huberthe. Die gebou is spesiaal daarvoor ontwerp en het in Februarie 2005 vir die publiek geopen.