Gaan na inhoud

Russell Ackoff

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Russell Ackoff
Russell Ackoff by Washington Universiteit in St. Louis, Mei 1993
Gebore
Russell Lincoln Ackoff

12 Februarie 1919
Sterf29 Oktober 2009 (op 90)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepAkademikus en konsultant
Bekend virBedryfskundige en baanbreker in operasionele navorsing en algemene stelselteorie.

Russell Lincoln Ackoff (Philadelphia, Pennsylvania, 12 Februarie 1919 - 29 Oktober 2009) was 'n Amerikaanse bedryfskundige en baanbreker in operasionele navorsing en algemene stelselteorie.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Ackoff het sy baccalaureusgraad in argitektuur in 1941 aan die Universiteit van Pennsylvania ontvang en in 1947 sy doktorsgraad in wetenskapfilosofie ontvang. Van 1947 tot 1951 was hy assistent-professor in filosofie en wiskunde, van 1951 tot 1964 assistent en later professor in operasionele navorsing en van 1964 tot 1986 professor in stelselwetenskap.

Ackoff het meer as twintig boeke en tweehonderd artikels geskryf, waarvan sommige as klassieke werke beskou word. Benewens sy universiteitsbetrekkinge, het hy navorsing gedoen vir ongeveer 350 ondernemings. Hy was president van die Operation Research Society en die Society for General Systems Research.

Werk (seleksie)

[wysig | wysig bron]

Ackoff het ongeveer twintig boeke geskryf, dikwels saam met ander skrywers:

Psychologistics, met C. West Churchman, 1946.

Methods of Inquiry, met C. West Churchman, 1950.

Introduction to Operations Research, met C. West Churchman en E.L. Arnoff, J. Wiley and Sons, New York, 1957.

Redesigning the Future: A Systems Approach to Societal Problems, John Wiley & Sons: New York. 1974,

Redesigning society, met Sheldon Rovin, Stanford Business Books, 2003.

Beating the system: using creativity to outsmart bureaucracies, met Sheldon Rovin, Berrett-Koehler San Francisco, 2005.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]