Rutte III-kabinet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Rutte III-kabinet
Eerste Minister Mark Rutte

Die Rutte III-kabinet, die huidige Nederlands kabinet wat sedert 26 Oktober 2017 regeer, bestaan uit lede van die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD), die Christen-Demokratiese Appèl (CDA), die Demokrate 66 (D66) en die ChristenUnie (CU).

Die Eerste Minister en minister van Algemene Sake is weereens Mark Rutte van die VVD-party, 'n regs-liberale party. Die vise-premiers is Hugo de Jonge van die CDA-party, Kajsa Ollongren van die D66-party en Carola Schouten van die CU-party.

Die Rutte III-kabinet hou (sedert 12 Junie 2021) 77 setels in die Tweede Kamer (voorheen het dit tot 24 September 2019 76 setels, tot 31 Maart 2021 75 setels [1] en tot 12 Junie 2021 78 setels gehou) en (sedert 11 Junie 2019) 32 setels in die Eerste Kamer (voorheen het dit 38 setels gehou).

Sedert 15 Januarie 2021 is die kabinet demissionêr.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Die nuwe Tweede Kamer het op 31 Maart 2021 aangetree.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Voorafgegaan deur
Rutte II-kabinet
Rutte III-kabinet
2017-nou
Opgevolg deur
...