SVG Göttingen 07
Volledige naam | Spielvereinigung Göttingen 07 e.V. |
Stigtingsdatum | 1907 |
Tuisveld | Stadion am Sandweg, Göttingen |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Nedersakse-Oos |
SVG Göttingen 07 is 'n sokkerklub uit Göttingen in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die klub is in 1907 gestig as Fußballklub Göttingia. In 1919 is daar met Sport 08 saamgesmelt om die huidige klub te vorm. Die klub is in 1945 deur die Geallieerdes ontbind, maar is herstig, aanvanklik as Sport-Vereinigung Göttingen, maar later is die huidige naam weer teruggeneem.
Die klub se grootste prestasie was om die hoofrondte van die Tschammerpokal in 1934 te haal, waar daar met 1-5 teen FC Schalke 04 vasgeval is. Verder het die klub vanaf 1942 twee seisoene in die Gauliga op die hoogste vlak deurgebring.
Na die Tweede Wêreldoorlog kon die klub nie weer dieselfde hoogtes bereik nie en teen 2000 was die klub in 'n finansiële verknorsing. Die klub het aangebied om met 1. SC Göttingen 05, die stad se gunsteling-klub, saam te smelt, maar die lede van 1. SC Göttingen 05 het daarteen gestem. Dit was op die ou end 'n gelukkige uitkoms vir SVG Göttingen 07, aangesien 1. SC Göttingen 05 in 2003 bankrot verklaar is en dus die klub se lede ook oor die afgrond sou saamsleep indien hulle drie jaar vantevore saamgesmelt het.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen | |
SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – SV Rooiwit Cuxhaven – |