SV Blouwit Bornreihe
Volledige naam | Sportverein Blau- Weiß Bornreihe von 1932 e. V. |
Stigtingsdatum | 1932 |
Tuisveld | Sportanlage Bornreihe, Vollersode |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Neder-Sakse Oos |
SV Blouwit Bornreihe is 'n sokkerklub uit Vollersode in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Bornreihe is 'n dorpswyk van Vollersode.
Die klub is in 1932 deur 'n groep jong mans in die restaurant Badbergen in Bornreihe gestig met die huidige naam. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die klub tot stilstand gedwing as gevolg van te veel spelers wat vir militêre diens opgeroep is en die klub is eers weer in 1948 herstig. Die klub het die grootste deel van sy bestaan in die laer ligas deurgebring.
Die Duitse nasionale vroue-kampioen (status: Augustus 2009) in steinstoßen ('n Switserse variant van gewigstoot), Claudia Kanaan, is aan die klub verbonde en neem onder die klubnaam aan kompetisies deel.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen | |
SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – Rooiwit Cuxhaven – |