SV Wilhelmshaven
Volledige naam | Sport-Verein Wilhelmshaven e.V. |
Stigtingsdatum | 1905 |
Tuisveld | Jadestadion, Wilhelmshaven |
Kapasiteit | 7 500 |
Kompetisie | Regionalliga Noord |
SV Wilhelmshaven is 'n Duitse sokkerklub uit Wilhelmshaven in Neder-Sakse.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]FC Comet is in 1905 gestig en is kort daarna herdoop na FC Deutschland Wilhelmshaven. In 1912 het die klub met Heppenser BSV saamgesmelt en in 1924 met VfB Wilhelmshaven om Wilhelmshavener SV 1906 te word.
In 1939 het SV 06 met VfL 1905 Rüstringen saamgesmelt om SpVgg Wilhelmshaven 05 te vorm. Die span het meegeding in die Gauliga Neder-Sakse (en tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Gauliga Weser-Ems), een van die 16 topligas in die Duitse sokkerstruktuur ten tyde van die Derde Ryk.
Die span het in 1943 en 1944 aan die nasionale eindtoernooi deelgeneem, maar is redelik vroeg uitgeskakel.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die span eers weer in 1952 herstig en in 1972 is daar met TSV Germania saamgesmelt om die huidige SV Wilhelmshaven te vorm.
In 1992 het SVW met Olympia Wilhelmshaven saamgesmelt, maar Olympia se spelers het weer die vereniging verlaat. In 2000 wou die twee groepe weer verenig, maar die DFB het die versoek geweier weens SV Wilhelmshaven se beroerde finansies en 'n dreigende bankrotskap, wat op die ou end afgeweer is.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Regionalliga Noord 2010/11-seisoen | |
Hertha BSC Berlyn II, Türkiyemspor Berlyn, Eintracht Brunswyk II, Chemnitzer FC, FC Energie Cottbus II, Hallescher FC, Hamburger SV II, Hannover 96 II, TSV Havelse, Holstein Kiel, RB Leipzig, VfB Lübeck, |