1943
Voorkoms
1943 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1938 | 1939 | 1940 | 1941 | 1942 | ◄ 1943 ► | 1944 | 1945 | 1946 | 1947 | 1948 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1943 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Skeepswrakke naby Guadalcanal | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1943 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 43ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 10 Januarie – Die Meliskerk, Nederlandse vragskip vol wapens en ammunisie, vergaan ’n paar seemyle noordoos van Port St. Johns, Suid-Afrika.
- 14 Januarie – Tweede Wêreldoorlog: Die Casablanca Konferensie begin.
- 2 Februarie – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Stalingrad eindig met 91 000 uitgeputte Duitse soldate wat deur die Rooi Leër gevange geneem word.
- 9 Februarie – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Guadalcanal in die Solomoneilande eindig, wat aan die Geallieerde magte 'n sleuteloorwinning in die Stille Oseaanoorlog oor die Japannese Keiserlike Vloot verskaf.
- 22 Februarie – Tweede Wêreldoorlog: Lede van die White Rose Society word skuldig bevind aan hoogverraad en word per guillotine deur die Naziregering in Duitsland tereggestel.
- 2 Maart − Tweede Wêreldoorlog: Australiese en Amerikaanse lugmagte val 'n groot konvooi van die Japannese vloot onderweg na Nieu-Guinee in die Slag van die Bismarcksee aan.
- 14 Maart – Die Britse duikboot, HMS Thunderbolt, die voormalige HMS Thetis, word vir die tweede en laaste keer gesink.
- 19 April – Die ghetto-opstand in Warschau.
- 24 Mei – Holocaust: Josef Mengele word hoof mediese offisier in Auschwitz konsentrasiekamp.
- 24 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Admiraal Karl Dönitz beëindig die U-bootoorlog in die Noord-Atlantiese Oseaan weens die hoë verliese aan Duitse kant.
- 25 Junie – Smith-Conally anti-stakingswet in die VSA Kongres aanvaar.
- 9 Julie – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde valskermstroepe land in Sisilië en Operasie Husky begin.
- 10 Julie – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerdes troepe val Sisilië in met seelandings.
- 24 Julie – Tweede Wêreldoorlog: Die Britse Royal Air Force en die Verenigde State se Army Air Forces begin met Operasie Gomorrha: 'n reeks bomaanvalle op Hamburg.
- 17 Augustus – Tweede Wêreldoorlog: Die bomwerper Schweinfurt-Regensburg-sending vind plaas.
- 23 September – Tweede Wêreldoorlog: Amerikaanse lugaanvalle verwoes die sentrale deel van die stad Nantes, Frankryk, en naastenby 1 500 inwoners sterf.
- 26 Desember – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Noord-Kaap vind plaas en die Scharnhorst word gekelder.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 14 Januarie – Mariss Jansons, Letse dirigent († 2019).
- 19 Januarie – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder († 2006).
- 24 Januarie – Sharon Tate, Amerikaanse aktrise († 1969).
- 26 Januarie – Soad Hosny, Egiptiese aktrise († 2001).
- 5 Februarie – Michael Mann, Amerikaanse rolprentvervaardiger en draaiboekskrywer.
- 9 Maart – Piet Welgemoed, voormalige professor in vervoerekonomie, Suid-Afrikaanse sakeman en politikus.
- 19 Maart – Engemi Ferreira, Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2019).
- 28 Maart – Conchata Ferrell, Amerikaanse aktrise, († 2020).
- 20 April – Edie Sedgwick, Amerikaanse aktrise († 1971).
- 21 April – Hannes Viljoen, Springbok-vleuel († 2021)
- 26 April − Peter Zumthor, Switserse argitek.
- 30 April – Frederick Chiluba, Zambiese president († 2011).
- 5 Mei – Michael Palin, komediant (Monty Python).
- 9 Mei – Colin Pillinger, Britse planetêre wetenskaplike († 2014).
- 19 Mei – Hennie Smit, Suid-Afrikaanse akteur.
- 30 Mei – Ken Andrew, Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid van die Demokratiese Alliansie.
- 8 Junie – Thijs Nel, Suid-Afrikaanse kunstenaar, dramaturg en skrywer († 2020).
- 9 Junie – Charles Saatchi, Britse entrepreneur en kunsversamelaar.
- 23 Junie – James Levine, Amerikaanse dirigent en pianis († 2021).
- 26 Junie – Pierre Fourie, Suid-Afrikaanse bokskampioen († 1980).
- 20 Julie – Wendy Richard, Engelse aktrise († 2009).
- 17 Augustus – Mikola Sjmatko, Oekraïense beeldhouer, professor en skilder.
- 19 Augustus – Sid Going, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2024).
- 21 Augustus – Tolla van der Merwe, Suid-Afrikaanse storieverteller en komediant († 2000).
- 22 Augustus – Nahas Angula, Namibiese politikus.
- 30 Augustus – John Kani, Suid-Afrikaanse akteur.
- 12 September – Michael Ondaatje, Kanadese skrywer.
- 29 September – Mohammad Khatami, Irannese geleerde, vyfde President van die Islamitiese Republiek van Iran (1997-2005).
- 15 Oktober – Penny Marshall, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 18 Oktober – Phyllis Spira, Suid-Afrikaanse ballerina († 2008).
- 29 Oktober – Don Simpson, Amerikaanse rolprentvervaardiger, akteur en skrywer († 1996).
- 5 November – Sam Shepard, Amerikaanse akteur en skrywer († 2017).
- 7 November – Khalifa Haftar Libiese krygsheer.
- 21 November – Jacques Laffite, Franse Formule Eenrenjaer.
- 23 November – Günther Beckstein, Duitse advokaat en politikus.
- 6 Desember – John Ellis Bowlt, Engelse kunshistorikus en hoogleraar.
- 8 Desember – Jim Morrison, Amerikaanse sanger van die groep The Doors († 1971).
- 9 Desember – Vaclav Smil, Tsjeggies-Kanadese wetenskaplike en beleidsontleder.
- 18 Desember – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis († 1977).
- 31 Desember – John Denver, Amerikaanse sanger († 1997).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 7 Januarie – Nikola Tesla, in Oostenryk gebore, Amerikaanse uitvinder, fisikus, meganiese ingenieur, elektroniese ingenieur en futuris (* 1856).
- 12 Januarie – Jan Campert, Nederlandse joernalis, digter en skrywer (* 1902).
- 18 Januarie – Johannes Egbertus Vixseboxse, ’n Nederlands-gebore Suid-Afrikaanse argitek en bouaannemer (* 1863).
- 20 Januarie – Ambrose Lomax, Suid-Afrikaanse apteker en fotograaf (* 1867).
- 22 Februarie – Sophie Scholl, weerstandsvegter met die White Rose in Nazi-Duitsland (* 1921).
- 14 Maart – Pieter Cornelis Boutens, Nederlandse digter en klassikus.(* 1870).
- 23 Maart – Sergei Rachmaninoff, Russiese komponis (* 1873).
- 3 April – Conrad Veidt, Duitse gebore Amerikaanse filmakteur (* 1893).
- 17 Julie – Sir Patrick Duncan, Britse politikus en sesde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1937–1943) (* 1870).
- 21 Julie – Charley Paddock, Amerikaanse atleet en akteur (* 1900).
- 20 September – Ferdinand von Sammern-Frankenegg, Duitse SS-bevelvoerder (* 17 Maart 1897).
- 20 September – Andrew Murray McGregor, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan 'n kwarteeu in die NG gemeente Drieankerbaai, Kaapstad (* 1873).
- 7 Oktober – Ds. Paul Nel, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Kerk (* 1867).
- 7 Oktober – Gustav Preller, joernalis, redakteur en geskiedskrywer (* 1875).
- 19 Oktober – Camille Claudel, Franse beeldhoudster (* 1864).
- 2 Desember – Nordahl Grieg, Noorse skrywer en joernalis (* 1902).