Sandrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel is omtrent die rivier in die Vrystaat. Vir die rivier in Limpopo, sien Sandrivier (Limpopo). Vir die rivier in Mpumalanga, sien Sandrivier (Mpumalanga).
Sandrivier
Oorsprong Tweefontein, Vrystaat
Monding Tierfontein
Vetrivier
Stroomgebied Vrystaat, Suid-Afrika
Lengte 200 km (124 myl)
Oorsprong-hoogte 1 660 m (5 446 voet)
Monding-hoogte 1 260 m (4 134 voet)

Die Sandrivier (voorheen Zand Rivier,[1] Engels: Sand River) is 'n rivier in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die rivier is 'n sytak van die Vetrivier wat op sy beurt weer 'n sytak van die Vaalrivier is en saamvloei met die Vaalrivier in die Bloemhofdam. Die Sandrivier ontspring net suidoos van Paul Roux, vloei noordwes, kruis die N5 nasionale pad, swaai dan weer suidwes tot by Senekal waar dit weswaarts vloei. Die rivier vloei nou deur die Allemanskraaldam, kruis die N1 nasionale pad tussen Winburg en Ventersburg en vloei dan verby Virginia. Hiervandaan vloei die rivier steeds weswaarts, kruis die R 710 hoofpad en net daarna sluit dit aan by die Vetrivier. Die rivier het bekendheid verwerf met die Sandrivier Konvensie wat geteken is tussen die Boere en Britte in 1852.

Die rivier het sy naam ontvang nadat 'n wa in die sandbodem vasgeval het, en die vrag eers afgelaai moes word voor dit uitgesleep is.[1]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Raper, P. E.. “Sand River”. Dictionary of Southern African Place Names. archive.org. URL besoek op 28 Oktober 2013.