Winburg
Winburg | |
---|---|
Winburg se stadsaal | |
Koördinate: 28°31′0″S 27°0′36″O / 28.51667°S 27.01000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Lejweleputswa |
Munisipaliteit | Masilonyana |
Stigting | 1836 |
Oppervlak | |
• Totaal | 63,46 km2 (24,50 vk. myl) |
Hoogte | 1 430 m (4 690 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 373 |
• Digtheid | 22/km2 (60/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 1.7% |
• Swart mense | 92.2% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 78.5% |
• Afrikaans | 9.1% |
• Engels | 4.2% |
• Xhosa | 3.7% |
• Ander | 4.5% |
Poskode (strate) | 9420 |
Poskode (posbusse) | 9420 |
Skakelkode | 051 Plaaslyne: 05242 |
Winburg is 'n dorpie in die Vrystaat wat in 1836 deur die Voortrekkers aangelê is. Dit was die eerste Vrystaatse hoofstad. Die naam is oorspronklik "Wenburg" gespel, wat volgens sommige kenners ter viering van die Boeremagte oor die Matabele gegee is en volgens ander oor die oorwinning in 'n regsdispuut oor die presiese ligging van die dorp.
Dit het 'n rol gespeel in verskeie ander oorloë met plaaslike stamme en was 'n gevegstoneel tydens die Rebellie van 1914. Vandag is dit 'n graan- en wolsentrum. Die N1 nasionale pad gaan langs die dorp verby, terwyl die N5 nasionale pad hier begin na Harrismith (en omgekeerd).
NG gemeente
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: NG gemeente Winburg
Die NG gemeente is in 1841 as die 27ste gemeente in die land gestig. Dit was die eerste gemeente in die Vrystaat, is sewe jaar ouer as Bloemfontein se moedergemeente en naas Pietermaritzburg (1839) die oudste buite die destydse Kaapprovinsie. Twis en tweedrag in die gemeente weens die Maritz-rebellie het gelei tot die stigting van die gemeente Rietfontein in 1917 (sonder grense, soos byvoorbeeld NG gemeente Potchefstroom-Mooirivier in dieselfde jaar). In 2014 het die moedergemeente 194 belydende lidmate gehad en Rietfontein 271.
Bekende boorlinge
[wysig | wysig bron]- Marius Jooste, koerantman van onder meer Perskor.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van eerste 100 NG gemeentes in Suid-Afrika
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Makeleketle (sy township)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Winburg". Sensus 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Winburg.
Virginia | Ventersburg | Senekal | ||
Theunissen | Marquard | |||
Winburg | ||||
Verkeerdevlei | Excelsior |