Sango
Voorkoms
Sango Sängö, yângâ tî sängö | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [jáŋɡá tí sāŋɡō] | |
Gepraat in: | Sentraal-Afrikaanse Republiek Tsjad Demokratiese Republiek die Kongo | |
Gebied: | Sentraal-Afrika | |
Totale sprekers: | 599 000 (eerste taal) 4 600 000 (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Volta-Kongo Adamaua-Ubangi Ubangi Sango | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Sentraal-Afrikaanse Republiek | |
Gereguleer deur: | Instituut vir Toegepaste Linguistiek | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sg | |
ISO 639-2: | sag | |
ISO 639-3: | sag | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sango (Sängö, yângâ tî sängö, [jáŋɡá tí sāŋɡō]) is 'n Kreool- of Niger-Kongo-taal wat saam met Frans die amptelike tale van die Sentraal-Afrikaanse Republiek vorm. Daarmee is die Sentraal-Afrikaanse Republiek een van min Afrikalande waar 'n inheemse taal amptelike status geniet. Sango se taalkundige status is omstrede en dit word òf as 'n Niger-Kongo-taal nou verwant aan Ngbandi òf as 'n Kreooltaal ontwikkel uit Ngbandi beskou.
Sango het sowat 599 000 moedertaalsprekers, terwyl sowat 4,6 miljoen mense dit as 'n tweede taal praat. Sango is die mees verspreide taal van die Sentraal-Afrikaanse Republiek en dien as 'n lingua franca. Daarbenewens word Sango in die aangrensende lande Tsjad en Demokratiese Republiek van die Kongo gepraat.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Sango" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 28 Maart 2018.