Sentraal-Afrikaanse Republiek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sentraal-Afrika
République centrafricaine
Vlag van Sentraal-Afrikaanse Republiek Wapen van Sentraal-Afrikaanse Republiek
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unité, Dignité, Travail
Volkslied: La Renaissance
Ligging van Sentraal-Afrikaanse Republiek
Hoofstad Bangui
Grootste stad Bangui
Amptelike tale Frans en Sango
Regering Republiek
Michel Djotodia
Faustin-Archange Touadéra
Onafhanklikheid

13 Augustus 1960
van Frankryk
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
622 984 km2  (43ste)
240 543 myl2
0
Bevolking
 - 2009-skatting
 - 2003-sensus
 - Digtheid
 
4 422 000 (124ste)
3 895 150
7,1 / km2 (223ste)
18,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2009-skatting

3 309 biljoen
745

MOI (2007) 0.384 (171ste)  –  laag
Geldeenheid Sentraal-Afrikaanse CFA frank ([[ISO 4217|XAF]])
Tydsone
 - Somertyd
+1 (UTC+1)
+1 (UTC+1)
Internet-TLD .cf
Skakelkode +236
Kaart van die Sentraal-Afrikaanse Republiek

Die Sentraal-Afrikaanse Republiek (Frans: République Centrafricaine) is 'n deur land ingeslote land in midde-Afrika. Dit grens aan Tsjaad in die noorde, Soedan en Suid-Soedan in die ooste, die Republiek van die Kongo en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide, en Kameroen in die weste. Die grootste deel van die SAR bestaan uit Soedano-Guinese savanne maar sluit ook 'n Sahelo-Soedannesegebied in die noorde en 'n reënwoudgebied in die suide in. Twee derdes van die land lê in die bekkens van die Ubangi rivier, wat suid in die Kongorivier in vloei, terwyl die oorblywende derde in die bekken van die Sharirivier, wat noord in die Tsjaadmeer in vloei, lê. Aangesien die grootste deel van die landsgebied in die Ubangi en Shari rivierbekkens geleë is, het die Franse die kolonie wat dit in die gebied uitgekerf het Ubangi-Shari, of Oubangui-Chari in Frans, genoem. Die Franse kolonie Ubangi-Shari word in 1958 'n semi-outonome gebied van die Franse Gemeenskap en 'n onafhanklike nasie op 13 Augustus 1960. Vir drie dekades na onafhanklikheid is die SAR regeer deur presidente wat nie op werklik demokratiese wyse verkies is nie of wat die mag met geweld oorgeneem het. Die eerste regverdige demokratiese verkiesings word 1993 gehou en stel Ange-Félix Patassé tot bewind, maar President Patassé se regering word in 2003 deur Generaal François Bozizé omvergewerp. Generaal Bozizé wen in Mei 2005 'n demokratiese verkiesing en word op 24 Maart 2013 deur die Séléka-koalisie omvergewerp.


 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika