Sentinelese
Sentinelese | |
---|---|
Totale bevolking: | 15[1]-500[2] |
Belangrike bevolkings in: | Noord-Sentineleiland, Indië |
Taal: | Sentinelees |
Geloofsoortuiging: | Onbekend |
Verwante etniese groepe: | Miskien Jarawa of Onge |
Die Sentinelese (ook genoem die Sentineli of Noord-Sentineleilanders) is die inheemse volk van Noord-Sentineleiland in die Andaman-eilande van Indië. Hulle beveg enige kontak met die buitewêreld en is ’n geïsoleerde volk, hoewel daar al beperkte kontak met hulle was.[3]
Die bevolking word geraam op 15 tot 500. In 2001 het amptenare van die Sensus van Indië[4] 21 mans en 18 vroue aangeteken. Dié opname is van ’n afstand gedoen en is dalk nie ’n akkurate weergawe van die eiland van 59,67 km2 se bevolking nie.[5] In die 2011-sensus is 12 mans en drie vroue getel.[1] Die gevolge van die aardbewing en daaropvolgende tsoenami in 2004 in die Indiese Oseaan is onbekend, behalwe bevestiging dat hulle die onmiddellike gevolge oorleef het.[6]
Die Oostenrykse skrywer Heinrich Harrer het een man beskryf as sowat 1,6 m lank en oënskynlik linkshandig.[7]
Kultuur
[wysig | wysig bron]Die Sentinelese is ’n jagter-versamelaarvolk wat leef van jag, hengel en die bymekaarmaak van wilde plante. Daar is geen getuienis van landbou of die maak van vuur nie.[8] Hul taal, wat Sentinelees genoem word, is ongeklassifiseer en kan nie deur hul Jarawasprekende naaste bure verstaan word nie.[4]
Dit lyk of gevorderde metaalwerk onbekend is. Daar is egter al gesien dat hulle gebruik maak van metaalvoorwerpe wat op hul eiland uitgespoel of daar gelaat is.[9] Hulle kan yster skerpmaak en dit in hul wapens en ander voorwerpe gebruik.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "District Census Handbook: Andaman & Nicobar Islands". Sensus van Indië: 156. 2011. http://censusindia.gov.in/2011census/dchb/3500_PART_B_DCHB_ANDAMAN%20&%20NICOBAR%20ISLANDS.pdf#page=177. Besoek op 1 Augustus 2015.
- ↑ "Earth from Space: North Sentinel Island". Europese Ruimteagentskap. 29 April 2005. Besoek op 1 Augustus 2015.
- ↑ Nuwer, Rachel. "Anthropology: The sad truth about uncontacted tribes". BBC (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2019. Besoek op 8 Augustus 2018.
- ↑ 4,0 4,1 Enumeration of Primitive Tribes in A&N Islands: A Challenge (Report). http://censusindia.gov.in/Ad_Campaign/drop_in_articles/06-Enumeration_of_Primitive_Tribes_in_A&N_Islands.pdf#page=3.
- ↑ http://ls1.and.nic.in/doef/WebPages/ForestStatistics2013.pdf
- ↑ "Did Island Tribes Use Ancient Lore to Evade Tsunami?". National Geographic Society (in Engels). 24 Januarie 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2017. Besoek op 1 Desember 2014.
- ↑ (de) Harrer, Heinrich (1977). Die letzten Fünfhundert: Expedition zu d. Zwergvölkern auf d. Andamanen (in Duits). Berlyn: Ullstein. ISBN 3-550-06574-4. OCLC 4133917. Besoek op 26 Julie 2015.
- ↑ Burman, B. K. Roy, red. (1990). Cartography for development of outlying states and islands of India: short papers submitted at NATMO Seminar, Calcutta, 3-6 Desember 1990. National Atlas and Thematic Mapping Organisation, Ministry of Science and Technology, Government of India. p. 203. OCLC 26542161.
- ↑ Master Plan 1991–2021 for Welfare of Primitive Tribes of Andaman and Nicobar Islands, Sec. II Ch. 21. Dept. of Tribal Welfare, Andaman and Nicobar Islands Administration; as reproduced in Andaman Book
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Video van vriendelike kontak met die Sentinelese, YouTube.com
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia