Sepp Blatter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sepp Blatter
Sepp Blatter

Sepp Blatter in 2015


8ste President van FIFA
Ampstermyn
8 Junie 1998 – 26 Februarie 2016
Voorafgegaan deur João Havelange
Opgevolg deur Gianni Infantino

Persoonlike besonderhede
Geboorte 10 Maart 1936 (1936-03-10) (80 jaar oud)
Visp, Valais, Switserland
Eggenoot/eggenote Liliane Biner
Barbara Käser (1981–91)
Graziella Bianca (2002–04)
Kind(ers) Corinne (dogter)
Alma mater Universiteit van Lausanne
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Hoofsekretaris Sepp Blatter en president João Havelange in April 1982, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982

Joseph "Sepp" Blatter[1] (gebore op 10 Maart 1936 in Visp, Valais, Switserland[2]) is 'n Switserse sportbestuurder. Hy het vanaf 8 Junie 1998 tot 26 Februarie 2016 as agste president van die FIFA-wêreldsokkerbond gedien.

Blatter is in Visp in Switserland gebore en het aan die Universiteit van Lausanne studeer. Op 8 Junie 1998 is hy as FIFA se agste president verkies en volg die vorige president, die Brasiliaanse João Havelange, in die posisie op. Hy is daarna in 2002, 2007, 2011[3] en 2015 herverkies. Dae na sy verkiesing kondig hy op 2 Junie 2015 sy bedanking, weens korrupsie-beskuldigings teen hom, aan.[4] Op 8 Oktober 2015 is hy saam met ander hooggeplaaste FIFA-amptenare (hangende 'n ondersoek) geskors[5] en op 21 Desember 2015 uit FIFA verban.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) (5 Junie 2013) Linguistic Identity Matching. Springer Science & Business Media. p. 73. ISBN 9783834820952. 
  2. (en) "Sepp Blatter profile: How a wedding singer became the most powerful player in football", ITV News, 29 Mei 2015. URL besoek op 30 Oktober 2015.
  3. (en) FIFA.com, About the President; besoek op 21 Augustus 2012.
  4. (en) Sepp Blatter to resign as Fifa president, The Guardian, 3 Junie 2015
  5. (en) "FIFA President Sepp Blatter and Other Top Officials Suspended", New York Times, 8 Oktober 2015. URL besoek op 8 Oktober 2015.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]