Gaan na inhoud

Riviersonderend-spinnekopbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Serruria gremialis)

Riviersonderend-spinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. gremialis
Binomiale naam
Serruria gremialis
Rourke, (1994)

Die Riviersonderend-spinnekopbos (Serruria gremialis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Riviersonderend- en Stettynskloofberge voor. Die struik is oorwegend 'n rankplant met stamme wat tot 1.0 m lank word en blom van Julie tot Februarie.

Die plant se wortels spruit weer uit na 'n brand. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei op die noordelike hellings in sandsteengrond op hoogtes van 270 - 760 m.

In Engels staan dit as die Riviersonderend Spiderhead bekend.

Galery

[wysig | wysig bron]


Bronnelys

[wysig | wysig bron]