Severiano Ballesteros

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Seve Ballesteros 2006-07-19.jpg
Volle naam Severiano Ballesteros Sota
Geboortedatum/plek (1957-04-09)9 April 1957
Pedrena, Cantabria, Spanje
Sterfdatum/plek 7 Mei 2011 (op 54)
Pedrena, Cantabria, Spanje
Nasionaliteit Vlag van Spanje Spanje
Hoogte 1,83 m
Eggenoot/e Carmen Botín O'Shea
(getr. 1988–2004, geskei)
Kinders 2 seuns, 1 dogter
Pro. geword 1974
Afgetree 2007
Vorige toere Europese Toer
Pro-oorwinnings 91
PGA Toer 9
Europese Toer 50 (beste ooit alle spelers)
Japan Gholftoer 6
Ander 31
Beste uitslag in groot kampioenskappe
(wenne: 5)
Meesterstoernooi Wen: 1980, 1983
V.S. Ope 3de: 1987
Die Ope kampioenskap Wen: 1979, 1984, 1988
PGA Kampioenskap 5de: 1984
Toekennings
"World Golf Hall of Fame" 1999 (lid se bls.)
European Tour
Order of Merit winner
1976, 1977, 1978, 1986, 1988, 1991
European Tour
Player of the Year
1986, 1988, 1991

Severiano "Seve" Ballesteros Sota (1957–2011) was ’n Spaanse gholfspeler wat talle toernooie (veral in die 1970’s en 1980’s) gewen het. Vanweë sy sjarme en gewildheid het die publiek hom dikwels 'Seve' genoem. In 1997 was hy die kaptein van die Europese Ryderbeker-span.[1]

Ballesteros is op 9 April 1957 in Pedrena, Cantabria gebore. Hy het op 'n jong ouderdom begin gholf speel en het met 'n nommer-drie-yster in die vallei buite sy geboortedorp begin oefen. Hy het ook baie ervaring as joggie (caddie) vir ander gholfspelers opgedoen. Gedurende die jare '70 en '80 was hy een van die beste spelers ter wêreld.

Ballesteros het die Britse Ope in 1979, 1984 en 1988 gewen. Hy het ook die Meesterstoernooi in 1980 en 1983 verower. In die 1980's was hy 'n paar keer die nommer-een-gholfspeler op die wêreldranglys.

Hy is op 7 Mei 2011 in die ouderdom van 54 aan breinkanker oorlede.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]