Siries
Siries ܠܫܢܐ ܣܘܪܝܝܐ Leššānā Suryāyā | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Irak, Sirië en onder immigrante gemeenskappe | |
Gebied: | Midde-Ooste | |
Totale sprekers: | onbekend[1] | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Noordwes-Semities Aramees Siries | |
Skrifstelsel: | Siriese alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | syc | |
ISO 639-2: | syc | |
ISO 639-3: | syc | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Siries (ܠܫܢܐ ܣܘܪܝܝܐ Leššānā Suryāyā; [/lɛʃʃɑːnɑː surjɑːjɑː/]) is 'n dialek van Aramees wat op 'n vroeëre stadium dwarsdeur die Midde-Ooste gepraat is. Die taal is lid van die Noordwes-Semitiese taalfamilie.
Siries het 'n kulturele en literêre invloed op die ontwikkeling van Arabies gehad wat dit in die 14de eeu n.C. vervang het. Siries word nog as die liturgiese taal deur Siriese kerke in die Midde-Ooste en Indië gebruik. Dit word ook as 'n minderheidstaal in Irak erken.
'n Moderne herlewing het beperkte sukses opgelewer, insluitend die skepping van Siriese koerante. Die taal word ook in sommige Assiriese skole in Indië, Israel, Irak en Swede geleer.
Dit word in die Siriese alfabet geskryf wat regstreeks van die Aramese alfabet afgelei is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Syriac" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 17 Oktober 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Siries.
- Beth Mardutho – The Syriac Institute