Verskil tussen weergawes van "Dubbelbandvlindervis"

Jump to navigation Jump to search
Verbeter
k (Verplasing van 1 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q1994884)
(Verbeter)
Die '''dubbelbandvlindervis''' (''Chaetodon marleyi'') is 'n [[vlindervis]] wat aan die suid- en ooskus van [[Suid-Afrika]] voorkom en is endemies aan [[Suider-Afrika]]. Die [[vis]] word 20 cm groot. Dit is silwerwit met drie vertikale strepe oor sy lyf en kom voor in koraal- en rotsriwwe in water wat 1-120 m diep is, terwyl onvolwassenes in getypoele voorkom. In Engels staan die vis bekend as die ''doublesah butterflyfish'' en dit kan oorleef in [[akwarium]]s wat koeler as 24 °C is. Dit word deur die [[IUBN]] geklassifiseer as 'n [[kwesbare spesie]].
 
== Sien ook ==
* [[Alfabetiese lys van visse]]
* [[Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name]]
* [[Lys van visfamilies]]
 
== Bronne ==
* First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
* Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
* Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
 
== Eksterne skakel ==
* http://fishbase.org/summary/Chaetodon-marleyi.html
 
{{Commonscat|Chaetodon marleyi}}

Navigasie-keuseskerm