Kaakdiere

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Gnathostomata)
Spring na: navigasie, soek
Gnathostomata
Tydperk: 462–0 m. jaar
Gnathostomata is vertebrata met kake.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
Subgroepe

Placodermi
Chondrichthyes
Acanthodii
Actinopterygii
Sarcopterygii

Die Gnathostomata of kaakdiere is 'n groep van diere wat tot die rugstringdiere (Chordata) behoort. Die groep word gekenmerk deur die besit van kraakbeenagtige kake wat deur meeste anatome as die eerste kieuboog beskou word.

Andere kenmerke wat by die groep voorkom:

  • Die kieuboog is intern ten opsigte van die kieue.
  • 3 half-sirkelvormige kanale in plaas van 2 in die binneoor.
  • Sekere senuweevesels is met omhulsels van myeline omring.
  • Die hemoglobien bevat kettings van 4 aminosure 2α en 2β.

Die Gnathostomata omvat die kraakbeenvisse (Chondrichthyes) en die beenvisse (Osteichthyes). Hierdie laaste groep omvat egter nie slegs die moderne beenvisse nie, maar ook al hul landlewende verwante; die viervoeters of Tetrapoda. Feitlik alle gewerwelde diere (reptiele, visse, voëls, amfibieë en soogdiere) behoort daarom tot die Gnathostomata.

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor:
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kaakdiere (kategorie)