Verskil tussen weergawes van "Piet Cronjé"

Jump to navigation Jump to search
25 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
 
== Tweede Vryheidsoorlog ==
Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was Cronje meestal in beheer van die westelike oorlogsverhoog. Hy het die beleëring van [[Kimberley]] en [[Mafeking]] van stapel gestuur. By Mafeking het hy die dorp met 'n mag wat tussen 2 000 en 6 000 gewissel het teen 1 200 gewone troepe en ''militia'' onder bevel van Kolonel [[Robert Baden-Powell]] beleër. By die [[Slag van Magersfontein]] vroeg in Desember [[1899]] het hy die aanval op sy posisie suksesvol afgeweer en sodoende die noordwaartse vooruitgang van die Britse kolom vir twee maande gestuit. In Februarie 1900 weerstaan hy [[Frederick Sleigh Roberts|Lord Roberts]] se mag by Magersfontein maar kon nie daarin slaag om die bevryding van [[Kimberley]] te verhoed nie en moes hy terugval tot naby [[Slag van Paardeberg|Paardeberg]] waar hy na 'n hardnekkige stryd moes oorgee. Na sy oorgawe met 4 000 man op [[27 Februarie]] [[1900]] is hy as krygsgevangene in hegtenis geneem en na [[Sint Helena]] gestuur waar hy gebly het tot met die voltooiing van vredesamesprekinge in [[1902]]. Met die oorgawe het byna 'n kwart van die Boeremagte in Britse hande geval en Cronje is veroordeel vir oordeel wat gelei het tot die nederlaag.
 
In [[1904]] het die [[sirkus]]persoonlikheid, Frank Fillis, Cronje gewerf om na [[VSA|Amerika]] te reis as deel van die sogenaamde [[Boereoorlogsirkus]] (Engels: ''Boer War Circus''). In 'n opvoering wat deur twee-miljoen mense by die [[Louisiana Purchase Exposition|World's Fair]] in [[St. Louis]] gesien is het Cronjé opgetree in vertonings oor beroemde veldslae van die Boereoorlog insluitend sy oorgawe by Paardeberg. In wat 'n treurige einde aan sy loopbaan was, het [[Suid-Afrika]]anse koerante hom die teen die einde van die World's Fair die ''sirkusgeneraal'' genoem en het hy na [[Coney Island]] gegaan waar hy in nog 'n skouspel tentoongestel is, eerder as om terug te kom na Suid-Afrika.<ref>Sonja Loots, ''Circus Boers'' [http://www.litnet.co.za/youngwriters/sonja_loots.asp]. [[Litnet]] Besoek op 17 April 2006.</ref>

Navigasie-keuseskerm