NG gemeente Johannesburg-Wes: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
Geen grootteverandering nie ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
Die ironie van die latere inlywing is dat die ringskommissie van die Ring van Langlaagte op [[1 Mei]] [[1944]] juis dele van die moedergemeente [[NG gemeente Brixton|Brixton]] afgestig het as die selfstandige gemeente Johannesburg-Wes. Volgens die bepaling van die grenslyne het die moedergemeente se sierlike kerkgebou, wat op die hoek van Indrastraat en St. Albanlaan gebou is, binne die grense van die nuwe gemeente geval. Daarom het die nuutgestigte gemeente 'n pro rata-deel van die oorspronklike boukoste aan die Brixton-gemeente uitbetaal vir die oprigting van hulle kerkgebou in Putneyweg, sowat 500 m noordoos van die ou kerkgebou. Met afstigting het die lidmate van Johannesburg-Wes 871 getel. Ná die samesmelting van die twee gemeentes, het die ou moederkerkgebou 'n Islamitiese sentrum geword en word Vergesig gehuisves in Brixton se kerkgebou, 'n hanetree van die Sentech- oftewel Brixtontoring.
 
Die jaar 1944 was 'n tydperk van geweldige uitbreidings in die getal NG gemeentes in die destydse Transvaal. In dieselfde jaar is in en om die Goudstad ook die [[NG gemeente Bezuidenhoutsvallei]], [[NG gemeente Kriel]] (Maraisburg), [[NG gemeente Randburg|NG gemeente Ferndale]] (later [[Randburg]]) en [[NG gemeente Parkhurst]] afgestig. In [[Pretoria]] is Onderstepoort, [[NG gemeente Villiera|Villieria]], [[NG gemeente Quaggapoort|Quaggapoort]] en [[NG gemeente LyttletonLyttelton|Lyttelton]] afgestig en elders in die provinsie [[Krugersdorp]]-Noord, Sanddrif, [[Rustenburg]]-Oos, Bremersdorp, Albertyn en Vereeniging-Wes.
 
==Eerste jare==
85 951

wysigings

Navigasie-keuseskerm