Verskil tussen weergawes van "Operasie Gomorrha"

Jump to navigation Jump to search
Die derde groot Britse lugaanval snags op 29 Julie is deur 726 bomwerpers uitgevoer, en veral die stadsbuurte Barmbek, Uhlenhorst en Winterhude is deur die bombarderings geraak. Ondanks die grootskaalse brande en die feit dat Barmbek net soos Hammerbrook digbevolk en dig beboud was is hier geen vuurstorm ontketen nie. Die presiese aantal slagoffers is nie bekend nie en word op sowat 1&nbsp;000 mense beraam.<ref>Brunswig (1978), bl. 259</ref>
 
Die sewende en laaste groot aanval is snags op 2 Augustus deur 740 Britse bomwerpers uitgevoer. Vanweë 'n [[donderstorm]] wat oor Hamburg gewoed het kon die bombarderings nie doelgerig uitgevoer word nie. Ondanks 'n aantal groter brande (byvoorbeeld in die Staatsoperahuis van Hamburg) is daar geen grootskaalse brandskade berokken nie. Die aantal slagoffers is nie bekend nie, maar was waarskynlik duidelik kleiner as dié van die eerste of derde groot Britse lugaanval.
 
==Aanvalstegniek==

Navigasie-keuseskerm