Verskil tussen weergawes van "N.H. van der Walt"

Jump to navigation Jump to search
 
== Almanak ==
Op die sinode van 1933 in [[Pretoria]] is ds. Van der Walt, ds. [[Derk RumffRumpff]] en ds. Coetzee gekies as deputaatskap vir die uitgawe van die Gereformeerde Kerk se ''Almanak''. Onderling het dié drie ds. Van der Walt as voorsitter van die deputaatskap gekies. Ds. Coetzee skryf: "Die jaarlikse oplaag van die ''Almanak'' was destyds so ongeveer 4 000. By ons eerste vergadering het hy vir ons 'n beleid voorgelê en het ons 'n werkverdeling gemaak tussen die drie deputate. Die ''Almanak'' moes omgeskep word tot 'n publikasie wat 'n mens met vrymoedigheid kon propageer, sowel wat sy uiterlike as sy inhoud betref. Eerste doel was om die jaarlikse oplaag op te skuif na 10 000. Ek het 'n bietjie pessimisties teenoor hierdie plan gestaan, maar N.H. het net gesê: 'Dit kan, en dit moet.' Toe ons, ná 'n tyd, die 10 000-merk bereik het, het hy op die eersvolgende redaksievergadering gesê: 'Nou na 15 000.' Hy het dit nog beleef dat ons hierdie merk oorskry het. Die oplaag vir vanjaar (1949) was byna 17 000 en dit was nog te min."
 
Oor sy karakter skryf ds. Coetzee: "Ds. N.H. van der Walt se geloof en moed was aansteeklik. Hy het nie aan 'n minderwaardigheidskompleks gely nie, maar was oortuig van die goeie reg van sy standpunt en sy saak. Ek is nou nog maar alleen oor van die drie deputate wat sinds 1933 verantwoordelik was vir hierdie uitgawe van ons kerk. En ek het aangename herinnerings aan die jare van samewerking met die twee broeders wat reeds heengegaan het. Ds. N.H. van der Walt het 'n liefhebbende hart gehad en hy was 'n goeie herder wat in sy arbeid die ideaal van die Goeie Herder gedurig voor oë gehou het."
84 357

wysigings

Navigasie-keuseskerm