Verskil tussen weergawes van "Simson"

Jump to navigation Jump to search
Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Hy sou 'n God-gewyde lewe moes voer en die reëls van die Nasireërs nakom: nooit sy hare laat sny nie, geen wyn of sterk drank gebruik nie en geen dode aanraak nie. Simson het hom egter nie aan die gewone lewe onttrek nie. Saam met die ander weerbare jong manne van sy stam het hy, deur die Gees van die Here gelei, in die laer van Dan tussen [[Soria|Sórea]] en [[Estáol]] gaan bly. Daar was toe nog nie openlike vyandigheid tussen die [[Filistyne]] en die [[Israeliete]] nie, en toe Simson 'n jong Filistynse meisie in Timna ontmoet en op haar verlief raak, het hy sy ouers gevra om vir hom ʼn huwelik met baar te probeer reël.
 
Hoewel so ʼn huwelik met 'n heidense vrou teen die bevel van God aan Israel was, het die Here dit toegelaat omdat Hy hiermee die geleentheid vir Simson wou skep om met die Filistyne slaags te raak. Dat die Here hom buitengewone liggaamskrag gegee het, het Simson uitgevind toe hy op pad na Timna deur 'n jong [[leeu]] aangeval is en hy die ongedierte kaalvuiskaalhand verskeur bet. 'n Swerm bye het in die droë karkas ingetrek, en toe Simson onderweg na sy huweliksfees weer daar verbygaan, het hy van die [[heuning]] uitgehaal, aan sy ouers gegee en self ook daarvan geëet.
 
== Die raaisel ==
863

wysigings

Navigasie-keuseskerm