Verskil tussen weergawes van "Noord-Rhodesië"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
'''Noord-Rhodesië''' was 'n Britse protektoraat in Midde-Afrika van 1924 tot en met die onafhanklikwording van die gebied op [[24 Oktober]] [[1964]] as [[Zambië]].
 
[[Cecil John Rhodes]] was hoofsaaklik verantwoordelik vir Britse indringing noord van die [[Zambezirivier|Zambezi]] tydens die laaste twee dekades van die 19de eeu. Rhodes het daarna gestrewe om die koperbronne van [[Katanga]] en die goudbronne tussen die [[Limpoporivier|Limpopo]] en die [[Zambezirivier|Zambezi]] by sy mynboubelange in te sluit. Die Britse regering was daarop ingestel om Britse opperheerskappy aan die Kaap te handhaaf en te keer dat Boere, Portugese of Duitsers vyandige alliansies verder noord aangaan. Daarom staan die Britse regering in 1889 'n oktrooi aan die pasgestige [[British South Africa Company]] (BSA) toe om die oostelike gedeelte van die huidige [[Zimbabwe]] te beset, terwyl die maatskappy verdrae sluit met en vergunnings kry van verskeie swart hoofmanne noord van die Zambezi. So kom die grootste deel van die latere Noord-Rhodesië onder Britse invloed.
 
Die BSA het min by die gebied se bestuur gebaat, omdat dit te duur was om koper na die kus te vervoer en [[Katanga]] (tans [[Shaba]]), in die suide van die teenswoordige [[Demokratiese Republiek van die Kongo]], die grootskaalse beleggings wat vereis is vir winsgewende ontginning, gelok het. Daarom dra die BSA in 1924 sy administratiewe pligte in Noord-Rhodesië aan die Britse koloniale kantoor oor. 'n Wetgewende Vergadering is in die lewe geroep, maar swartes is vir alle praktiese doeleindes daarvan uitgesluit.
In 1945 kom die Arbeidersparty in Brittanje aan die bewind en sodoende versnel die pas van politieke verandering. Kort hierna wettig die regering swart vakbonde en in 1949 kom al die swart mynwerkersvakbonde in 'n enkele vakbond byeen. Dié vakbond bult sy spiere tydens 'n land maar vreedsame staking in 1952, wat tot aansienlike loonvergogings gelei het.
 
[[Beeld:Noord-Rhodesië53.JPG|thumb240px|'n Kaart van die protektoraat wat in 1953 in 'n toeristehandleiding verskyn het.]]
Intussen is die grondwetlike toekoms van die gebied ernstig gedebatteer. Baie blankes wou graag die juk van die Britse koloniale kantoor afwerp en verkose lede van die Wetgewende Vergadering was steeds die minderheid, daarom wou dit voorkom asof setlaarbeheer oor Noord-Rhodesië slegs deur 'n federasie met die setlaarregering van [[Suid-Rhodesië]] bewerkstellig kon word. Blankes én swartes was veral ongelukkig omdat die Britse regering, deur middel van belasting op die kopermyne, miljoene ponde uit die gebied verdien het, maar bitter min maatskaplike opheffing befonds het.
 
85 757

wysigings

Navigasie-keuseskerm