24 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
24 Oktober is die 297ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (298ste in skrikkeljare). Daar volg nog 68 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1273 – Rudolf van Habsburg word in Aken tot keiser gekroon.
- 1360 – Die Verdrag van Brétigny word by Calais bekragtig, wat die eerste fase van die Honderdjarige Oorlog ten einde bring.
- 1449 – Pous Nicolaas V stel Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) aan as biskop van Sienna.
- 1648 – Die Vrede van Wesfale word onderteken, wat ’n einde bring aan die Dertigjarige Oorlog.
- 1851 – William Lassell ontdek Ariel en Umbriel, twee mane van die planeet Uranus.
- 1929 – Die Groot Depressie: Die New Yorkse Effektebeurs stort in duie op Swart Donderdag, wat lei tot ’n reeks bankrotskappe. Dit ontketen ’n wêreldwye ekonomiese depressie.
- 1930 – 'n Bloedlose staatsgreep in Brasilië ontsetel President Washington Luís Pereira de Sousa en die verkose President Júlio Prestes.
- 1945 – Die Verenigde Nasies-verdrag, die grondwet van die Verenigde Nasies, tree in werking.
- 1955 – Suid-Afrika loop uit die debat by die VN se algemene vergadering oor "die rassekonflik in Suid-Afrika weens die apartheidsbeleid".
- 1964 – Die Britse protektoraat Noord-Rhodesië word onafhanklik en staan bekend as Zambië.
- 2001 – 'n Ongeluk in die Gotthard-padtonnel het elf sterf gevalle tot gevolg.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1632 – Antonie van Leeuwenhoek, vader van mikrobiologie († 1723).
- 1877 – Alex Frew, Suid-Afrika se sesde Springbokkaptein († 1947).
- 1880 – Tom Santschi, Amerikaanse akteur en regisseur († 1931).
- 1894 – Aletta Coetzee, eggenote van prof. J. Chris Coetzee († 1978).
- 1909 – Hendrik de Wit, Nederlandse sistematiese plantkundige († 1999).
- 1921 – Tilana Hanekom, Suid-Afrikaanse aktrise († 2002).
- 1925 – Jacques Loots, Suid-Afrikaanse akteur († 1991).
- 1926 – Désirée Talbot, Suid-Afrikaanse sopraan († 2020).
- 1948 – Phil Bennett, Walliese internasionale rugbyspeler († 2022).
- 1954 – Malcolm Turnbull, Eerste Minister van Australië.
- 1959 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1981 – Grant Riddles, Suid-Afrikaanse politikus en die huidige burgemeester van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit.
- 1990 – Marcel van der Merwe, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1537 – Jane Seymour, derde vrou van Hendrik VIII van Engeland (* ±1508).
- 1601 – Tycho Brahe, Deense sterrekundige (* 1564).
- 1799 – Carl Ditters von Dittersdorf, Oostenrykse komponis (* 1739).
- 1969 – Thomas Bowler, Engelse skilder wat aan die Kaap gewerk het (* 1812).
- 1922 – George Cadbury, 'n Kwaker wat die Cadbury's kakao- en sjokolademaatskappy in Brittanje gestig het (* 1839).
- 1958 – George Edward Moore, Britse filosoof (* 1873)
- 2005 – Rosa Parks, Amerikaanse burgerregte aktivis (* 1913)
- 2014 – Mbulaeni Mulaudzi, voormalige 800 m-wêreldkampioen en Olimpiese silwermedalje-wenner (* 1980).
- 2023 - Richard Roundtree, Amerikaanse akteur (* 1942).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Verenigde Nasiesdag.
- Onafhanklikheidsdag in Zambië (1964).
- Arbeidsdag in Nieu-Seeland (2005).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 October. |