Stephen Harry Eyssen
Stephen Eyssen | |
---|---|
Geboortenaam | Stephen Harry Eyssen |
Gebore | Montagu, Kaapkolonie | 23 Mei 1890
Sterf | 11 April 1981 (op 90) |
Genres | Opera |
Beroep(e) | Bariton en komponis |
Stephen Harry Eyssen (23 Mei 1890 – 11 April 1981) was 'n bekende Suid-Afrikaanse bariton en komponis. Hy is op 23 Mei 1890 op Montagu in Kaapland gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch in die wetenskap gestudeer. Terselfdertyd het hy hom egter ook op die studie van musiekteorie, sang, orrel en klavier toegelê.
Eyssen word vandag beskou as 'n komponis wat baanbrekerswerk ten opsigte van die Afrikaanse lied gedoen het. In hierdie opsig word sy bekende Segelied (1914), wat onder meer in 1975 tydens die Afrikaanse Taalfees en die inwyding van die Afrikaanse Taalmonument by die Paarl uitgevoer is, as 'n mylpaal beskou. Hy is ook die komponis van Uit die Chaos van die Eeue (1931) en het 'n belangrike bydrae gelewer as mederedakteur van die FAK Volksangbundel (1937). Sy Ons Boerwording 1486–1949, 'n "geskiedkundige sangbeeld" vir soliste, koor en orkes op werke.
Daarbenewens is Bede vir elke Dag (vir koor en klavier, op sy eie teks), Bybelkantate (vir koor en klavier of orrel), Fugit Imago (vir stem en klavier, op 'n teks van D.F. Malherbe) en Gebed (vir koor en klavier, op 'n teks van J.H. Pienaar) werke van belang. Stephen Eyssen was 'n groot krieketgeesdriftige en het 'n groot bydrae gelewer tot die vertaling van krieketterme in Afrikaans. Stephen Eyssen is op 11 April 1981 oorlede.
Bron
[wysig | wysig bron]- Malan, Jacques: Segelied - Die Lewe en Werk van Stephen Harry Eyssen. In: Lantern. Tydskrif virKennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 3, Julie 1982
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-45-1 band