Steven Saylor

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Steven Saylor
Steven saylor 2012.jpg
Gebore 23 Maart 1956
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep Skrywer
Eerbewyse Mystery Writers of America Robert L. Fish Sjabloon:Gedenktoekenning Writers' League of Texas Sjabloon:Violet Crown Toekenning
Huweliksmaat Richard Solomon
Webblad stevensaylor.com

Steven Saylor (gebore op 23 Maart 1956) is 'n Amerikaanse skrywer van historiese romans. Saylor is 'n gegradueerde van die Universiteit van Texas in Austin, waar hy geskiedenis en oudheid studeer het.

Saylor se bekendste werk is sy Roma Sub Rosa historiese misterie reeks wat in Rome afspeel. Die romans se held is 'n speurder genaamd Gordianus the Finder, wat aktief was gedurende die tyd van Sulla, Cicero, Julius Caesar, en Cleopatra. Buiten hierdie reeks van misdaadromans, het Saylor ook twee historiese romans van epiese lengte oor Rome geskryf, naamlik Roma en Empire. Sy werk is al in een-en-twintig tale gepubliseer.

Saylor het ook twee romans geskryf wat afspeel in Texas. A Twist at the End, met die karakter O. Henry, speel af in Austin in die 1880's en is gebaseer op werklike reeksmoorde en verhore (die saak van die sg. Servant Girl Annihilator). Have You Seen Dawn? is 'n eietydse riller wat afspeel in 'n fiksionele Texaanse dorp genaamd Amethyst, en is gebaseer op Saylor se tuisdorp, Goldthwaite, Texas.

Saylor leef sedert 1976 saam met sy lewensmaat Richard Solomon.

Bibliografie[wysig | wysig bron]

Roma Sub Rosa[wysig | wysig bron]

  • The Seven Wonders]] (2012), die werk is 'n voorspel-werk, wat die reis van die jong Gordianus in die begin van 92 v.C. in herinnering roep ten einde die Sewe Wonders van die Antiek Wêreld te sien.
  • Raiders of the Nile (2014) is 'n direkte opvolg tot The Seven Wonders, en handel oor die verdere avonture van die jong Gordianus in Egipte asook 'n komplot om die goue sarkofaag van Alexander die Grote te steel.
  • Wrath of the Furies (2015) is 'n direkte opvolg tot Raiders of the Nile, waar jong Gordianus incognito moet reis na die lande wat regeer word deur Mithridates die Grote.
  • Roman Blood (1991), waarin Gordianus se dienste in 80 BC deur die groot orator en advokaat Cicero gehuur word. Soos ander romans in die reeks, is hierdie een gebaseer op 'n verhoor-toespraak deur Cicero, in hierdie geval Ter Verdediging van Sextus Roscius van Ameria (Pro Sexto Roscio Amerino).
    • The House of the Vestals (1997), 'n versameling van nege kortverhale wat plaasvind tussen die eerste en tweede romans gedurende die tydperk tussen 80-72 BC.
    • A Gladiator Dies Only Once (2005), nog 'n versameling kortverhale wat plaasvind tussen die eerste en tweede romans.
  • Arms of Nemesis (1992), waarin Crassus voorkom, dit speel as gedurende die slawerebellie van Spartacus in 72 BC.
  • Catilina's Riddle (1993), waarin Cicero en dit titel-karakter Catiline, voorkom. Dit speel as gedurende Cicero se rebellie in 63 BC.
  • The Venus Throw (1995), waarin die digter Catullus voorkom. Dit speel as gedurende die verhoor van Marcus Caelius in 56 BC vir die moord van Dio van Alexandria.
  • A Murder on the Appian Way (1996)
  • Rubicon (1999), waarin Caesar die Rubicon kruis en die lede van die Senaat Rome ontvlug, wat die Romeinse wêreld in burgeroorlog dompel.
  • Last Seen in Massilia (2000) - die werk speel as in Massilia (nou Marseille) gedurende die beleg van die stad deur Caesar se troepe.
  • A Mist of Prophecies (2002) - die werk speel af in Rome gedurende die Romeinse burgeroorlog.
  • The Judgment of Caesar (2004) - die werk speel af in Egipte, toe Caesar in 48 BC vir koningin Cleopatra ontmoet.
  • The Triumph of Caesar (2008) - die werk speel af in Rome gedurende Caesar se vieringe in 46 BC.
  • The Throne of Caesar (Februarie 2018) - die werk speel af in Rome gedurende Caesar se moord in Maart 44 BC.

Roma[wysig | wysig bron]

  • Roma: The Novel of Ancient Rome (2007), 'n roman oor die opkoms van antieke Rome van sy eerste nedersetting tot die sluipmoord op Julius Caesar.
  • Empire: The Novel of Imperial Rome (2010) strek oor verskeie generasies, d.i. die einde van die heerskappy van Augustus in 14 AD deur tot by die heerskappy van Hadrianus in 141 AD.

Ander boeke[wysig | wysig bron]

Gepubliseer onder sy eie naam:

  • A Twist at the End (VK title: Honour the Dead) (2000), gebaseer op die Servant Girl Annihilator moorde in die 1880s in Austin, Texas, is 'n rekonstruksie van die moorde en gepaardgaande verhore, met jong William Sydney Porter (O. Henry) wat 'n fiksionele rol speel.
  • Have You Seen Dawn? (2003) is 'n hedendaagse riller wat afspeel in 'n klein dorpie in Texas.
  • Future, Present, Past (2013) is 'n versameling van drie kortverhale wat afspeel in verskillende tydperke.
  • My Mother's Ghost (2013) is 'n versameling van drie outobiografiese essays en 'n kortverhaal.
  • A Bookish Bent (2013) is 'n versameling van verskeie essays en artikels.

Die volledige werke gepubliseer onder die Aaron Travis pennaam was in 2012 heruitgereik in Amazon Kindle en Barnes & Noble Nook uitgawes.

Onversamelde kortverhale[wysig | wysig bron]

  • "Ill Seen in Tyre" (2014), in die gemengde-genre bundel Rogues, geredigeer deur George R. R. Martin en Gardner Dozois

Erotiese Fiksie onder die skuilnaam Aaron Travis[wysig | wysig bron]

Romans

  • Slaves of the Empire (1992)
  • Beast of Burden (1993)
  • Big Shots (1993)
  • The Flesh Fables (1995)
  • In the Blood (1995)

Novelles

  • Beirut (2012)
  • Blue Light (2012)
  • Crown of Thorns (2012)
  • Eden (2012)
  • Kip (2012)
  • Military Discipline (2012)
  • Short, Brainy, & Hot (2012)
  • Slave (2012)
  • Wild West (2013)

Versamelings

  • Exposed (1994)
  • Tag Team Studs (1997) (met Clay Caldwell)
  • Kudzu and Other Stories (2012)
  • Raw (2012)
  • Wrestling Tales (2012)
  • No Shades of Gray (2012)

Versamelings geredigeer deur Saylor

  • QSF x 2 (1995) (met Lars Eighner)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]